Don’t ever save anything
for a special occasion
being alive
ís the special occasion
Onderstebo. Dis hoe jy my na die lewe laat kyk. Uit ‘n ander hoek.
Jy is die tweede kind, ek het gedink ek weet alles. Jy is my verrassing, my joy wat ek laag vir laag kan skil.
Agter my en jou lê ‘n keerwal. Op een April 2006 het ek geleer om dwarsdeur die lewe te kyk. Dit sal my altyd bybly, ‘n gewone dag wat skielik swenk en ons vasdruk teen ‘n muur.
Nierversaking…en jy is net ‘n kind…my kind!
En ons het die geheime taal onder die knie. Ons meet jou lewe aan HB, PTH en potassium vlakke. Ons weet wanneer om te frons, wanneer ons kan wyd asemhaal.
Maak nie saak hoe diep die realiteit ons dwing nie, langs jou spring ek altyd weer op.
Wel…eventually…
Come with me by yourselves to
a quiet place and get some rest
(Mark 6:31)
Jy leer my om die dag aan te gryp. Jy paai my marshmellow hart.
“Ma! Dan gaan ek uit met ‘n bang!”
Ek weet van my eie wroegings. Onbeantwoorde vrae. Slapelose nagte. Ek weet van berusting. Vrede wat my verstand te bowe gaan.
Grace…
She learned to bend so she wouldn’t break.
Ek sal nooit presies weet hoe jy hierdie storie deurgewerk het nie. Dis joú storie.
Maar jy maak my bly. En ek tel elke spesiale dag, ek spons oomblikke saam met jou op.
Vul die spens vir ongemaklike dae. Wag-vir-uitslae-dae.
You love as well as you are willing to be inconvenienced. (Ann Voskamp)
Ek het op jou gedigte afgekom…
Woorde wat jy geskryf het toe jy net ‘n kind was.
The main task in life
is to give birth
to who we really
are (Barbara Stanny)
Jy is meer as wat ek ooit voor kon vra.
In the end I want my heart to be covered in stretch marks. (Andrea Gibson)
‘n versameling van Charlotte se gedigte (2003-2007)
So wag ons…‘soos die son aan die skemer bly hang…’
Soos altyd…as al die dogtertjies in die hele wêreld in ‘n ry sou staan…sal ek by almal verby loop…en JOU kies!
Leave a Reply