weerskante

‘n joernaal inskrywing 18 April 2000

image

Sy stop terwyl ek wag om te betaal.

Haar kar is effens verweerd, hy spring uit en hardloop na die agterkant van die kar. Sy sesjarige vingertjies begin die tou loswoel, sy ma klim uit…kaalvoet…

Sy help hom om sy fiets uit die kattebak te haal en kyk hom agterna terwyl hy saam met ‘n petroljoggie wegloop om sy wiele te pomp. Sy stoot haar hande deur haar hare en maak die kar se agterdeur oop waar ‘n baba in die sitstoeltjie vasgemaak is.
Sy druk haar gesig in die lyfie en die baba kraai van die lag. Ek sien hoe die dummy deur die lug trek!

Skielik kom sit ‘n weemoed in my hart. Ek is só ‘n ma. Ek love my kinders. Ek het hulle self grootgemaak, ek het niks gemis nie. Alles gaan nou verander. Ek weet nie hoe om ‘n broodwinner te wees nie.

image

Ek maak my oë toe en dink aan my spens vol memories.  Ek sal daarop terugval as my verlange te groot word.

image

Ek het die gerugte gehoor.

Gesien hoe hulle uit die kerk val. Ons is die derde egskeiding in minder as ses maande.
Toe ek Sondag by die kerksaal inloop toe sien ek hoe hulle na my kyk…en wegkyk.

image

Ek sien die sirkeltjies vroue wat staan en tee drink en ek noem hulle die beangstes.
Almal is vrek bang om gelos te word, soveel te meer vir ‘n ander jonger? en mooier? vrou.

image

Ek is skielik verlig dat ek my tickets gehad het, want nou is ek vry van die angs.  Dit hét nou gebeur. Dit is verby.  Ek kan nou die stukke optel en aangaan met my lewe.

Ek kan vir niemand sê nie, maar ek voel so verlig!

image

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: