memoirs van ‘n gebreekte hart

We cross our bridges as we come to them and burn them behind us, with nothing to show for our progress except a memory of the smell of smoke, and the presumption that once our eyes watered.
(Tom Stoppard)

She was becoming herself and daily casting aside that fictitious self which we assume like a garment with which to appear before the world.
(Kate Chopin)

19 April 2010

imagePaniek.
Vraagtekens.
En heeltemal te veel stres.
145 dae en ek gee jou klere weg.
En dit voel asof ek jou regtig laat gaan.
Soos wanneer jy iemand se hande hou terwyl die stroom hom vat.
En my grip losser en losser en losser raak.
Ek sien jou gaan en ek is okay.
Dowwe pyn wat met tye sterker raak,
maar dis nie allesoorheersend nie.
Realiteite.
En weereens die skok dat mense nie altyd opreg is nie.
Sluiers en pretensie.
Maar ek het ook hoop.
Ek leer tog.
My toleransie word minder,
die uithou korter.

28 September 2010

jy het dof geword in my
ek onthou vaagweg die storie van ons
en tussen~in het baie wag en seer en tyd verloop
ek het die boek toegemaak
maar daar iewers op ‘n rak lê weet
dat sy getroud is
met ‘n seun so oud soos myne
en iewers sorg haar man vir haar
terwyl sy slim woorde skryf uit China
dalk vandag Bangkok
en soms uit Afrika se Hermanus
hy sorg vir haar
en dalk as hy in haar oë kyk is daar genade
dat hy nie haar geheim sien nie
want jy en sy was saam.
en daar was sewe dae en sewe nagte
van erge kommer vir jou
êrens tussen bloedtoetse en weet
ek is vry van jou
en ek voel skoon
maar jy loop met die warm wete dat sy binne~in gekom het
dat sy daar in jou ontkiem het
jy kan probeer om spore te wis
maar hier
tussen my oë en my hart
groei weet
dit het my lank gevat om hier te kom
hier waar ek nou is
kan jy nie kom nie
ek het die afdraaipad gevat huis toe
hier waar die stof warm onder my voete lê
en my kinders se lag in my ore klingel
alles rondom my is so bekend
alles rondom my skree welkom terug Koningskind
alleenreisiger, want hy is nie goed vir jou nie
en ek loop aan
elke dag word die afstand tussen my en die herhinnering aan jou wyer
ek weet verseker dat daar lig voor my lê
en al wat vir jou oorbly is om my dop te hou van vêr
en om te sien hoe my skouers al kleiner word in jou visie

Soul mates they come into your life just to reveal another layer of yourself to you, and then they leave. They need to tear apart your ego a little bit, show you your obstacles and addictions, break your heart open so new light could get in, make you desperate and out of control that you have to transform your life.
(Elisabet Gilbert)

4 Oktober 2010

geblok
finaal
daar is nog ‘n paar goed in my huis waarvan ek ontslae moet raak
verligting


10 Feb 2011

The train has left the station. Punt.

Be lonely. Learn your way around loneliness. Make a map of it. Sit with it. Welcome to the human experience, but never again use another person’s body or emotions as a scratching post for you own unfulfilled yearnings.
(Elisabeth Gilbert)

Maart 2011 ~ Regrets

(ek)
Ek weet hoe ek voel en waar ek staan,
vir my het die sweer oopgebars,
die lelike en die vuil het na die oppervlak gekom.
Pynlik en eerlik.
Alles is vir my verby.
Dit was só bevrydend,
eerlik en maklik om te snap,
ek kan dit maklik verbaliseer.
Dit voel soos die finale stap in my proses.
Anders as in die verlede,
(en omdat hierdie nie ‘n emosionele issue is nie),
het ek niks terug verwag nie.
Dit was ‘n gevolgtrekking,
deel van my persoonlike groei en heling.
Iets wat uit die weg geruim moes word sodat ek kon aanbeweeg..
Tyd is nie meer vir my ‘n faktor nie.
Ek is nie meer in afwagting nie.
Ek leef my lewe.
Ek leef my dae,
Ek is content.
Ek is vry,
My gedagtes en gevoelens is uitgesorteer.

(jy)
Ek verstaan dat jy op ‘n ander plek is.
Ek verstaan jou verwyt en regrets,
jou vrees.
Onsekerheid.
Ek wil nie ingetrek word deur jou woorde nie.
Ek moet waak daarteen om die aas te neem,
om die emosie van jou regret te voel.
Die manier waarop jy jouself beskryf het nie verander nie.
Jy was ge‘novocane’ en nou is jy desensitised.
Jou plek.
Jou proses.
Iewers binne my weet ek dat tyd ‘n faktor is,
maar daardie hele kwessie het buite my geskuif.
En hier waar ek nou sit tel net vandag.
Losgekoop.
Ek is om die waarheid te sê net ingestel op die hier en die nou.
Dit wat vandag ter hande lê.
En juis daarin is my verlossing.
Dit is nie gesond as my well~being afhang van jou keuses nie.
Ek hoor jou seer.
Jou verwyt.
Ek hoor veral diep regret.
Maar ek is nie verantwoordelik daarvoor nie.
As ons een insident of gebeurtenis wil bespreek,
is dit amper onsinnig
as ons dit nie in konteks doen nie.
En dit is vir my heeltemal apart.

(ek)
So hier is ek, binne my wentelbaan.
Al draaiende om my son, my God.
Draaiend in balans met my Skepper en myself.
En geen mensgemaakte tsunami sal my ooit weer skuif nie.
Jou vrees is joune,
maak nie saak waar jy jouself soek nie.
Ek sien jou nie meer nie.
Ek is hier.
Veilig.
Ek sal myself nie weer verduister nie,
want hierdie keer is my posisie vooraf bepaal.

The pieces I am, she gathered them and gave them back to me in all the right order.
(Toni Morrison)

imageThere are no happy endings.
Endings are the saddest part,
So just give me a happy middle
And a very happy start.

(Shel Silverstein)

(‘n memory aan iets wat mooi begin het)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: