ommekeer

13 Maart 2018

96C35D43-C37B-4B60-BC62-B851C28326C7

Gerhard het my nie alles vertel van Beijing lughawe nie.  Ek dink dat as ek geweet het wat op my wag sou ek ‘n ligte kalmeermiddel geneem het.

Ek is só lekker ontspanne, ek het die heelpad van Johannesburg tot Beijing gelees aan Elders van Erns Grundling wat sy storie oor die Camino vertel.

Mens slaap nie in die dag nie. Nee wag, ék slaap nie in die dag nie. Veral nie as daar 1025 skoenlappers in jou maag rondfladder van opwinding nie.

En toe land ek op Beijing en ek moet my connecting flight haal tot in Guangzhou.

immigrasie
en ek moet my tas vind
maar eers moet ek die trein haal
alles is in chinees en die dik ronde engelse uitspraak
maak alles vir my onverstaanbaar
ek volg die trop
maar mense loop inmekaar
teenmekaar
deurmekaar
ek vra
kry ‘n vriendelike glimlag
en chinees
en you go…go!
op boontoe
loop op en af
ek kry geen teken van my vlug~nommer by enige bagasie punt nie
ek vra weer
kry uiteindelik my tas
loop af ondertoe
alles is chinees
ek vra waarheen
you go there!
net toe ek oor die rooi lyn trap
weergalm die sekuriteit oor ‘n luidspreker
you woman…you wait!
ek wys na myself…me?
yes you!
you go check~in!

weer op boontoe
loop op en af
gee my tas in
loop weer een verdieping af
almal praat chinees
ek vra waarheen
you just go!

dis eers toe ek by hek C31 kom
dat ek sien die vlug gaan glad nie guangzhou toe nie
ek staan en kyk na die passasiers
dis toe daar wat ‘n jong chinese man sy laptop neersit
voor my inval
en my drafstap na die ander kant van die lughawe tot by hek C51
ek is só dankbaar dat ek in afrikaans vir hom dankie sê
baie, baie dankie!
toe gee hy my ‘n breë glimlag
steek sy hand uit en gee my vingers ‘n vriendelike drukkie
hy los my reg voor die hek
en ek is op pad na
guangzhou

Daar is niks lekkerder as om my kind se gesig op die lughawe te eien nie. Ons maak los geselsies op die metro en loop rustig tot by hulle huis.

Whitney maak die deur self oop en laat my welkom voel in die mooie gastekamer.

48D78B7E-4946-4101-8C3F-B23EDEE512A3

Ons loop in die onmiddelike omgewing en ek probeer myself oriënteer. Ek is spyt dat ek nie my fitbit vandag gedra het nie. Ek het kilometers afgelê.

My oë begin krapperig voel van min slaap.

Ek kyk by my venster uit na die asemrowende uitsig.

F58E9620-BDDF-4E68-9E4E-319B589164B7

My gedagtes begin onwillekeurig los te wikkel. Ek het niks gedoen om hierdie blessing te verdien nie.

En toe dink ek aan my lewe, hoe stadig die wiel vir my gedraai het.

Toe kom lê daar vrede in my hart. So met die wete dat mens se lewe soms die omtrek van ‘n ferris wheel het.

AFBA3072-0004-453A-A8E3-410562C0EB02

Ek is nou ongeveer 32 ure aan die gang en my lyf begin protesteer.

Môre dra ek my kamera en my fitbit!

 

10 responses to “ommekeer”

  1. travel460 says:

    Liza, nou is ek SO opgewonde saam met jou! Wat ñ voorreg om Guangzhou te gaan beleef! En dit saam met jou kind. Mag jy uit jou sokkies geseën word tydens hierdie reis, en lewensreis.

    Like

  2. woestynkind says:

    Wondelike vertelling dankie. Ek sou floute gekry het, maar dan was ek nog nooit oorsee nie. Maar jou wiel storie steek vas by my. Ek gaan dit onthou. My wiel draai ook mal stadig. So as jy nie omgee nie, gaan ek my wiel ook ‘n ferris wiel begin noem. Lekker slaap en geniet alles. Ek hoop jy kan nog deel. Dat ek darem die wereld deur jou oe sien.

    Liked by 1 person

  3. Toortsie says:

    So dankbaar vir daardie Chinees wat jou gehelp het.

    Liked by 1 person

  4. So ‘n wonderlike vreugde om deur mens se volwasse kinders bederf te word!

    Liked by 1 person

  5. travel460 says:

    Kuier jy lekker? Vertel asb nog.xxx

    Liked by 1 person

  6. Lekker lag ek vir die fitbit-lose arm met al die km’s wat jy kafgedraf het. Geniet elke oomblik by jou kind.

    Liked by 1 person

Leave a Reply to Tannie Frannie Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: