tuimeltrein

as 'n mens 'n storie wil skryf
moet jy weet wat jy doen
daar is immers 'n begin
'n middel
en 'n einde
al wat ek nou voel is blind
19 januarie 2019

God says you should stop being anxious
He has been with you since the beginning
He is with you now
You should surrender completely
and go into a posture of rest
there is nothing wrong with your heart
go in peace
21 januarie 2019

een van my verjaarsdag geskenke is 'n hot stone massage
sy druk op my pressure points
ek wil deur die dak spring van pyn
op my linker blad
en agter op my linker been

it is your heart
you should not be anxious
you should relax
God sent you to me today

23 januarie 2019

ek ry werk toe
na nog 'n horrible
slapelose nag
net toe ek by die hek indraai
kom die stem na my toe

Ek gaan Charlotte gesond maak, nie jy nie!
30 januarie 2019

she asks me how i am doing...

so, God made it clear
He is the HEALER
i am trying to bring my stress levels down
Charlotte is really sick
with horrible symptoms
and it is difficult.
so, it is going difficult
that is all i can say today
4 Februarie 2019

ek het hierdie naweek besef dat ek tyd op my eie nodig het
stilte
mindspace...
ek moet grace ruimskoots uitdeel aan myself
my verwagtinge is heeltemal te hoog

ek weet nie hoe ek hierdie berg gaan klim nie
maar ek vertrou die Here om my te help
ek moet net naby aan Hom bly
vir nou is my strategie eenvoudig
shut down na buite
probeer kommunikasie beperk
glo
raak stil
skep ruimte vir die chaos om tot rus te kom
wag vir die uitslae
dis al vir nou

18 maart 2019

ons is 'n match
ek kan vir my kind 'n nier gee
it is finished!
maart tot mei 2019

iewers split ek en my kind
ma en dogter
donor en recipient
en miskien eendag
sal ons die woorde vind
om met respek 
hierdie storie te vertel

vir nou is haar proses afgehandel
ek moes vrede maak
dat my kind
nommer 203 op die kadawerlys is

en ek moes vrede maak
dat my lewe bestaan uit toetse
en uitslae
dat ek op en af wip
soos iemand in 'n roller coaster
niks is seker nie
niks is gegiet in sement nie
dit is proses op proses
soms kry ons 'n terugslag
en herhaal 'n sekere toets drie keer
ons lees 
ginekologiese onkologie
asof dit
alledaags is
ons bid
en probeer om nie daaraan te dink
dat hierdie oponthoud
ons 'n paar weke terug
terugsit nie

3 Mei 2019

deur dit alles bly sy by my
en ek bly by haar

ek dink ons moet see toe gaan, sê ek
dit sal nie help nie, sê sy
ons gaan alles net saam met ons vat

maar... as alles verby is gaan ons beslis, sê sy
en in haar oë 
dans daar vrede
ek het iewers gelees dat tuimeltrein 
die afrikaanse woord vir
roller coaster is
dis vir my 'n mooi
woord


op pad huis-toe gister
sê sy, moet nooit vergeet dat ma
eerstens my ma is 
en daarna my donor nie

toe ek gisteraand oor die dag 
nadink
en aan al die toetse wat nog wag
net voordat ek insluimer
besef ek
dit wat sy gesê het
was vir my mooi
woorde




dankie vir die mooi fotos charlotte!

15 responses to “tuimeltrein”

  1. God seën hierdie storie en hierdie mense. 💝😇

    Liked by 1 person

  2. travel460 says:

    Liza, ek lees nou eers, en my selfoon sny van jou woorde af. Maandag is ek weer by my rekenaar. Charlotte, is dit jou dogter?

    Like

  3. travel460 says:

    My kommentaar lê dalk in jou spam boks. Kyk bietjie.

    Like

    • lizaborstlap says:

      Nee, daar’s net gemors in my spam boks. Lyk my jou woorde het in cyberspace verdwyn… sê maar weer Una, partykeer moet mens maar twee keer praat 🤷‍♀️

      Like

  4. travel460 says:

    Ek weet nie waar om woorde te kry nie, Liza. Die plek waar die woorde gebêre word is stil. Sy het jou en jy het haar. Doner and recipient. As daar maar iets was wat ek jou kon gee, maar wat. Dalk nou net ń vashou in die gees. My hart is by julle, weet dit.

    Liked by 1 person

  5. Una says:

    Ek het jou weer gevind!

    Like

  6. Is jy en jou dogter al verder op hierdie pad? Kom vertel ons asseblief?

    Like

  7. trommeltjies says:

    Jy is eerste haar ma en tweedens haar donor, dit is mooi woorde, liefdes woorde wat jou toe vou. Sterkte.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: