hallo ma, ons is nou drie

   it is such a grand thing 
to be a mother of a mother
that's why the world calls her
a grandmother
jou pa en ma het my lankal laat weet
en ek moes jou snoesig
welig
in my hart laat groei

ek het die dae getel
wat later weke
en nou maande
geword
het

hoe kan my hart jou langer omsluit?
  jy kon beswaarlik 'n beter tyd kies
om jouself
te
kom
inwurm

mens het altyd sterre nodig
as die nag so donker skyn

so, ek noem jou
Sparkles
ek dink elke dag aan jou
en wonder oor jou

jy gaan só bederf word
ek is klaar versot op jou!

ons eie Boere-Kanadese wonderwerkie!
kyk na hierdie fotos...
en jy sal sien
al wat kort is jy!

6 responses to “hallo ma, ons is nou drie”

  1. Veels geluk, ouma! Dis regtig die allermooiste goedjies wat julle versamel het!

    Liked by 2 people

  2. Una says:

    Jy word ouma! Ag Liza, wat ń wonderwêreld lê vir jou voor. Die versameling kleertjies is pragtig.

    Liked by 2 people

  3. lizaborstlap says:

    Daar gaan sommer ‘n nuwe wêreld oop. Ek sien baie uit!

    Liked by 1 person

  4. Aaaawh baie geluk en welkom tot oumaskap. Dis n hele nuwe wonderwereld..

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: