die ruiltransaksie

woensdag (tussen twee counselling sessies)
is daar iemand by die hek
 
hallo ma
ek kom nie kuier nie
ek is hier vir ‘n ruiltransaksie
sy skuif haar masker eenkant toe
gee vir my ‘n toegeknoopte sak
ek is hier vir ma se naaimasjien
sΓ³ kan ek nie meer sukkel nie
 
ek haal my elna uit die kas
wys haar
so bedraad mens die garing
so werk die spanning
so werk die bobbin
so werk die voetjie
ek dra die swaar masjien tot by haar kar
ek sal hom mooi oppas, sΓͺ sy
 
dis okay, sΓͺ ek
jy kan hom maar vir altyd kry
 
toe sy ry
loop my gedagtes terug
 
1982
ek maak rokke
verkoop dit op die mark
ek vou die kontant
in my blommetjies koevert
wag tot hy boepens staan
en koop vir my
‘n splinternuwe
elna carina
 
2020
dis agt-en-dertig-jaar later
ek knoop die sak versigtig oop
die transaksie lyk goed
in ruil vir my masjien
kry ek wortelkoek
en butternut sop
in my kop draai die refrein
 
dis okay
jy kan hom maar vir altyd kry

8 responses to “die ruiltransaksie”

  1. Dis soos ons mammas ruil, Liza. 🌹🌹🌹

    Liked by 1 person

    1. Ja, jy sal weet. En ek het so ‘n lekkerte in my hart dat sy daardie voetjie lekker plat gaan trap!
      So kan ‘n masjien ook nou nie staan en niks doen nie…

      Liked by 1 person

  2. Kosbaar om te weet dat die Elna haar lewe makliker gaan maak ❀

    Liked by 1 person

  3. Klink vir my ook na ‘n wonderlike transaksie. Oe hoe lus ek nou butternut sop…

    Liked by 1 person

  4. Hoe lekker om te weet Charlotte is nou lΓΊs vir daardie Elna πŸ™πŸ»πŸŒΈ

    Liked by 1 person

  5. Mag sy die Elna geniet. 😁

    Liked by 1 person

  6. Ek sal ook na gister se lakenmaakflop my masjien verruil vir enige soetding

    Liked by 1 person

  7. Lekker lag ek nou hier vir jou!

    Like

Leave a reply to Tannie Frannie Cancel reply