altyd maar op pad

image

 Ek wou al lankal ietsie skryf, want mens kan só gou vergeet.

ek onthou…

Jy is die appel van Sy oog

Processed with Rookie CamHoe jy sonder ophou bid, vra dat die Here met jou moet praat…of iets.  Net sodat jy kan weet Hy hoor jou, want die stilte slaan oral vas. Teen jou mure, teen jou dak en diep daar in jou hart.

Hoe jy my bel, opgewonde vertel Hy het vir jou ‘n prentjie gegee.  Onder ‘n boom staan ‘n piekniek mandjie. Propvol…oorvol bloedrooi appels. Ek onthou my stilte, hoe my gedagtes doelloos grawe. Ek onthou ons vrede. Dat ons geen idee het wat dit sou beteken nie, maar dat dit goed is. ‘n Begin.

Ek onthou hoe Gerhard ‘n paar dae later by my inloop.  Hoe hy vir my sê dat hy dit glad nie kan verklaar nie, maar hy het opgestaan en duidelik besef hy moet vir jou ‘n Bybelvers stuur…

For this is what the LORD Almighty says: “After the Glorious One has sent me against the nations that have plundered you ~ for whoever touches you touches the apple of his eye ~ this is what the LORD Almighty says. (Zechariah 2:8)

Ek onthou hoe ons oor jou bid

(Psalm 17:8)
Keep me as the apple of your eye; hide me in the shadow of your wings

Oor vriendskap en verdriet

image

Ek onthou…

Verlies aan ‘n vriendskap.  Hoe ons in jou huisie inloop en jy vir my sê jy ruik jou verdriet.  Hoe troos ek? Gebruik jou generasie ooit nog die woord verdriet?  Ek weet hoe dit voel om weg te ry van jou af en te weet dat my arms net te kort is om jou te omsingel. Om jou te beskerm.  Ek was skaars by die huis toe jy my bel en sê toemaar ma, die Here verstaan!

Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane.  My oë het dof geword van verdriet, verswak deur wat my teëstanders my aandoen. (Psalm 6:7)

Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ‘n ander hom nie meng nie. (Spreuke 14:10)

Ek kon terugstaan en oor jou bid.  

Werk dwarsdeur jou verdriet my baby, want jou blydskap is naby!

 

Terloops…ons het ons lekkerste tye in die kar! 

 

Oor wind en sake uitsorteer

Kersfees 2015

Dit is snikwarm in Pretoria. Reënloos.  Windloos. Ons maak laataand-geselsies. Onwillekeurig draai die gesprek en jy maak ‘n stelling oor vriendskap.  Ek hou nie terug nie en Gerhard (diplomaties en simpatiek) neem stelling in tussen my en jou.  Ek onthou hoe ons die saak beredeneer.  Hierdie kant toe en dan weer terug.  Ek onthou hoe tyd verloop en ons net nie kan ooreenstem nie.  Ek onthou hoe ons al die feite uit elke hoek ondersoek.  Ek onthou jou trane, my en Gerhard se oë wat mekaar gryp.  Hoe ons weet dat ons jou nie kan help nie.  Nie met woorde nie, nie met woordeskat nie.

Ek onthou die skielike rukwind. Palmbome wat laag buig.  Dwarrelblare wat oor en om ons waai. Hoe ons opkyk na die lug en hoop vir ‘n donderstorm. Ek onthou die skielike stilte. Windstilte. Ons stilte.  Hoe ons na mekaar kyk en weet.  Ek onthou ons vrede, asof die indaba verby is en ons ooreenstem.

Ek onthou hoe jy begin lag, terwyl jy die trane afvee. Toemaar, die Here weet!

Kan dit wees? O ja, dit kan.

Maar die Here het ‘n kwaai storm oor die see laat opkom.  Daar was ‘n baie sterk wind op die see, en die skip wou uitmekaar breek. (Jona 1:4)

…skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here.  Maar in die wind was die Here nie.  Na die wind was daar ‘n aardbewing.  Maar in die aardbewing was die Here nie.  Na die aardbewing was daar ‘n vuur.  Maar in die vuur was die Here nie.  En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte. (1 Konings 19:11-12)

Oor tekens en reën

Ek onthou hoe jou sekerheid gegroei het.  Hoe jy met jou eie oë kon sien die Here hoor jou. Hy sien jou, Hy weet van jou.  Hy het ‘n plan vir jou lewe.  Jou blinde geloof in Hom het my ook opnuut weer laat sien. Ek onthou hoe jy bid…

Gideon het vir drie tekens gevra, ek vra vir een.  Asseblief Here gee my ‘n teken…laat dit reën!

Dis eers toe die sluise van die hemel ooptrek dat ek weet…waarlik Hy kom ons tegemoet. Hy ontmoet ons daar waar ons Hom die nodigste het.

Oor worship, inkleur en Air Supply…

imageEk onthou hoe jaloers jy geraak het oor jou worship tyd saam met Hom.  Jy, jou inkleurboek en oorfone.

Die joy toe jy agterkom dat Without You van Air Supply (ek kan nie gló jy luister na een van my favourite bands nie) gaan nie vir jou oor ‘n mens nie maar oor jou verhouding met Hom.

No I can’t forget tomorrow,
When I think of all my sorrow,
When I had you there but then I let you go.
And now it’s only fair that I should let you know
What you should know

I can’t live, if living is without you.
I can’t give, I can’t give any more.
Can’t live, if living is without you.
Can’t give, I can’t give any more.

Ek onthou jy het jouself losgewikkel van dinge wat in die verlede behoort met hierdie song van Bethel…

imageYou unravel me, with a melody
You surround me with a song
Of deliverance, from my enemies
Till all my fears are gone
I’m no longer a slave to fear
I am a child of God
I’m no longer a slave to fear
I am a child of God
From my mothers womb
You have chosen me
Love has called my name
I’ve been born again, into your family
Your blood flows through my veins
I am surrounded
By the arms of the father
I am surrounded
By songs of deliverance
We’ve been liberated
From our bondage
We’re the sons and the daughters
Let us sing our freedom
You split the sea
So I could walk right through it
All my fears were drowned in perfect love
You rescued me
So I could stand and sing
I am a child of God

I am a Child of God

Oor jou loopbaan

Ek onthou hoe jy hierdie jaar begin het. Opwinding oor jou toekoms as ‘n midwife.  Ek het vir die Here dankie gesê want ek het gedink dis Sy manier om vir jou te sorg.  Om jou hande vol van ander mense se babatjies te hou, want Hy weet jy sal nie jou eie een kan vashou nie.

 image

En toe die totale skok dat jy in teater geplaas is vir hierdie jaar.  Voordat ons kans kon kry om hieroor te praat, of voor die Here te staan, besef jy dat dít ~ die teater ~ presies is waar jy moet wees.  Ek sien jou gelukkiger as ooit!

 image

Oor verpletterde drome en God’s Secrets

Ek onthou dat in die bestek van een week jou lewe op en af gerol het.  Toe jy flou raak in die teater en hulle regtig bewus raak van jou nierversaking.  Terug stuur na die babatjies en ek sien hoe alles uitmekaar rafel en hoe jou drome voor my versplinter.

En dan hoe jy teruggeroep word na jou teater.  En hoe jou matrone vir jou die woorde sê.

You are here for a purpose.
You are here to save lives.
Everything happens for a reason.
You will succeed.

En toe…

God placed you here because He wants you to know His secrets. You will see the physiology of a heart. You will experience the work of His hands.

image

Ek onthou hoe ons een spesifieke aand vir jou gebid het.  Jy het vet ronde trane gehuil en ek het gesmile.  Want terwyl jy jou hart oopgemaak het voor die Here het ek ‘n prentjie in my spirit gekry.

Ek het ‘n strand gesien.  Kompleet met seewater wat terugtrek en slakkies wat gaatjies in die sand maak.  Ek kon skulpe sien.  En daar op die strand, groot – tot teen aan die horison sien ek ‘n toegedraaide geskenk.  Strik en al.  Ek onthou hoe ek jou vertel en probeer verduidelik.  Nee, liefie – daar wag ‘n huge geskenk op jou!  Dis nie ‘n klein pakkie op die strand nie…dit staan die hele horison vol!

Ek onthou ons opwinding en trane afvee.  Want een ding het die Here in 2015 vir jou gedoen – Hy het Homself aan jou openbaar.  Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.

Let it be

Daar is nog een prophecy wat ek gekry het oor jou.  In 2011 toe jy op jou heel siekste was. Maar dit…is ‘n storie vir ‘n heel ander dag!

As al die dogtertjies in die hele wêreld in ‘n ry sou staan…sal ek by almal verby loop en vir JOU kies!

2 responses to “altyd maar op pad”

  1. Jy skryf so mooi! Al ooit oorweeg om n boek te skryf?

    Liked by 1 person

  2. Miskien eendag, as ek braaf genoeg is! Baie dankie vir jou aanmoediging, ek waardeer dit baie.

    Liked by 1 person

Leave a comment