brokkies

 

Brokkies uit my lewe (2012 ~ 2015)

image

4 Julie 2013
Ja Liza, en het jy lekker vakansie gehad?
Ja Isak dankie, hele dag agter die son aangeskuif.
Dan was jy seker maar die Sondrywer lag hy, terwyl hy die denkbeeldige stuurwiel draai en sy dreadlocks om sy gesig wip…

image27 Mei 2013
Ek vra hom of is hy bang.
Nee sê hy en slaan sy iPad oop. Hy het opgelees.
Ja…dink ek, maar mens is tog partykeer net bang…
Toe dink ek aan die keer met die veselglas onder die toonnael, aan oopgesnyde hande in veldgrasse, en hoe vinnig tyd loop.
Hy praat aanmekaar, ek hoor hoe hulle hom sedeer en paai om stil te lê. Nee, sê hy als is ok hy is fine. En wanneer gaan die goed nou inskop?
Die stilte tref my hard en dis eers toe ek hoor hoe almal lag dat ek weet hy is by.
Hy loop uit, effe onvas op die voete, begin Sotho praat met ‘n niksvermoedende pasïent, en konsentreer om sy das te knoop.
They say it is tough to raise boys, but let me say this…I just love being Gerhard’s mom!

23 Julie 2014
Sy bel my en vra of ek besıg gaan wees dıe tweede Augustus. Ja sê ek, daar ıs traınıng…maar hoekom vra sy? Want Gert Vlok Nel sıng ın Wellıngton en wıl ek saamkom? Mense soos ek kort mense soos sy. Selfs toe sy baıe kleın was en ek sente moes draaı, was sy dıe een wat glımlag en sê..Kom julle! Kom ons gaan kamp!

image

20 April 2014
Take courage
is wat ek vir my jonger self
sou wou sê.
Iewers gaan ‘n april-middag aanbreek,
en jy gaan weet,
daar is absoluut niks wat jou marshmellow hart kan contain nie.

image

23 Desember 2013
Mens moet ten minste een keer gaan sit en ‘n chocolate milkshake drink terwyl jy die kersfees frenzie aanskou.
En iewers trek ‘n Frank Sinatra sleigh bells in the snow terwyl die omies angstig sweet met die arm wegvee.

image

4 Februarie 2013
“Ma ek het ‘n groot probleem…Lexi wil nie start nie…”
Ok, flits dit deur my kop. Ek hoor al lankal die remme maak geluide…
Ek hoop nie sy draai die sleutel morsaf nie…
Ek hoop nie dis die starter-motor nie.
Ek hoop dis net die battery…
“Moenie worry nie”, sê ek. Ek kom.
Phillemon leen vir my starter cables en verduidelik presies hoe dit werk. Ek voel begeester en bemagtig, vandag gaan ek HELP.
Ek het my oomblikke met Lexi, dit is ‘n ou karretjie. Nie heeltemal wat ek vir haar wil hê nie…
Ek het baie grasie met my kinders, maar daar is reëls; van Lexi mag ek nie sleg praat nie, sy kan ‘hoor’.
So, ek sluk my gedagtes en pak die middagverkeer.
Die boodskap kom terloops…”Ma, ek is half seker dis nie die battery nie, al die liggies brand.”
By haar aangekom gaan ons deur die checklist.
“O, sê sy, dis dalk die petrol. Ek het lank gery op daai laaste R20.”
Nou dit is wat ek noem genade…’n vol tenk petrol, ‘n kannetjie olie en ‘n tirtsie brake fluid, en Lexi is padwaardig.
Sy kyk op na my met helderblou oë en verklaar…”570 km op `n tenk, ek het geweet die naald werk nie!”
Ek ry daar weg, en my les vir vandag is…rooi is positief. Kabels in my kattebak, rooi is positief…soos Phillemon se karretjie…

16 Januarie 2013
Om my kinders dop te hou is so bietjie soos daardie spesifieke dag wanneer jy die klein wieletjies van die twee-wiel fiets afhaal…jy staan en ‘wobble’…gereed om te vang as hulle sou val.
Maar ek sien ek kan maar net terugstaan en toekyk.
Charlotte kan kinders versorg en Gerhard het vir my ‘n proper bord kos gekook.
Everything is going to be ok…

image

3 September 2012
Mens moet so nou en dan deur jou ou woonbuurt ry sodat jy kan onthou hoekom jy getrek het; op die snelweg ry dat jy onthou hoekom jy agterpaaie verkies; by Checkers koop dat jy onthou hoekom Pick’nPay jou favourite is; iemand met ‘n minder aangename attitude raakloop sodat jy harder en deegliker aan jou eie kan werk. Ek het vandag al die bogenoemde gedoen.

30 Augustus 2012
Vandag is daai dag…kom by die huis, gooi die deure oop, skop die skoene uit, trek die lekker klere aan, gee die kat vis, rol die tuinslang uit…en stop als, reverse die proses, trotseer spitsverkeer…vir ‘n Oreo Mcflurry. I rest my case 🙂

22 Augustus 2012
Ek sien dit kom, daardie paar dae van stilte. Tyd om binnetoe te gaan en deure saggies toe te trek. Tyd om blomme te plant en te wag vir die eerste somerreën…

18 Augustus 2012
Vir al die jare van neuse afvee, pleisters plak, rondry, rondry en rondry kan ek nou net ‘n spectator wees. Hulle het my foute oorleef. Dis genade.

image5 Augustus 2012
Gerhard en Batman…Teen die tyd dat hy my vra om saam met hom te gaan fliek, het hy dit reeds drie keer gesien. Hy ken al die storie en weet wat om te verwag. My gedagtes loop ver terug, dit was die Batmansuit en Spidermansuit wat sy oupa Danie vir hom gekoop het. “‘n mens kom nie reg met net een suit nie.” So dit was Batman; en net Superman as Batman in die wasmasjien was. Dit was nie vir my vreemd om Batman op sy fiets te sien ry mantel in die wind, of in my kar rond te ry, in die Pick ‘n Pay trollie rond te stoot, of by die kleuterskool af te laai nie. Ek het vir Batman geken. Ek sal nooit vergeet hoe my ma en suster hom eendag omgekoop het om mooi aan te trek nie. Hulle wou gaan koek eet in ‘n fênsie coffee shop. Hoe hy geluister het…maar so halfpad deur die gesels onder die tafel ingekruip het…en uitgekom het as Batman. Die suit was onder die klere. So moenie skrik as julle eendag ‘n grysie ou tannie uit die fliek sien stap saam met haar seun nie. Dis tien teen een ek en Gerhard, en ‘n blessing sal wees as daar agter ons aanhardloop ‘n klein Batmantjie of twee…

26 April 2012
Ek vra die een-en-twintigjarige in Dischem: “Wat is die verskil tussen hierdie twee vogrome?” Dié een is vir uneven skin tone en pigmentasie sê sy. “Nee man, ma het nie pigmentasie nie!” Tree my kind vir my in…”O ja, sy het!” Sê die meisie en druk met haar vinger tot reg op my wang, daar waar die ‘sproet’ sit… six/love…

25 Februarie 2012
Die plakkies.
imageHaar naam is Thelma en sy is die nanny van Thabiseng wat bokant my bly. En dit is omdat haar vlytige hande hier deur die huisie werk dat my gedagtes vandag so loswikkel. Toe sy die gordyn in my kamer afhaal toe sien ek hoe groot het die boom voor my venster geword en toe dink ek aan die wind wat ons twee jaar gelede hier vasgewaai het…Toe Gerhard ‘n maand of twee gelede uittrek om naby sy nuwe werk te bly het ek geweet dit is dit…my seun vlieg solo, job done! Maar toe los hy sy plakkies hier, groot, uitgetrapte, afgeloopde gaar plakkies. Die eerste keer toe ek dit sien toe kry ek so ‘n dik gevoel in die keel en toe glip ek my voete in…Dis nou my plakke, ek kan daarin loop asblikke toe en daar deur die stekelrige gras. Hulle lag vir die koddige prentjie en vra hoekom ek die goed nie weggooi nie. Maar miskien bevestig die plakke vir my dat dit nie SO moeilik is om groot skoene ‘vol’ te staan nie. Dat ons kan bly staan al waai die wind, dat bome aanhou groei al gebeur wat. Dat kinders kan gaan maar die deure hang oop, vir daardie genade van onthou.

image

4 Februarie 2012
Ek moes geweet het…enige Saterdag wat begin met koue left over chicken korma en die woorde…”is daar nie êrens ‘n mark of iets aan die gang nie?” dis nie ‘n gewone dag nie. Ek gaan nie by die wasgoed uitkom vandag nie. Heerlik Francois heerlik!

26 November 2011
Huisie skoon… wasgoed gewas… lekker sop op die stoof… wierook en goeie musiek…as ek nie self hier was nie sou ek nou gewens het ek was!

17 September 2011
Net maar ‘n soeker na stiltes is ek en watter skatte het ek in stilte ontdek…

11 Maart 2011
Dis nice om tweede en derde en vierde kanse te kry…miskien is die geheim “to start from scratch and keep on scratching”

12 March 2010
If you walk, just walk; if you sit, just sit; but whatever you do, don’t wobble!

image

27 Mei 2013
Ek het my oorbelle vergeet. En ‘n dag sonder oorbelle is net droewig…

24 April 2013
The best inheritance I can give my children is a few minutes of my time everyday.
Hierdie dae is dit soms net ‘n sms…maar my memories is vol tyd saam met my kinders.

23 Maart 2013
Dit gebeur selde, maar once in ‘n blue blue moon, het ek ‘n sliding doors dag.
En wonder ek wat sou gebeur het as ek daai trein verpas het 32 jaar terug.

4 Maart 2013
Daar kom altyd ‘n dag wat jy besluit “nee basta!”
Dan rol jy die tuinslang in ‘n netjiese sirkel, snoei die dooie blare en spuit alles af.
Dis die dag wat jy weer hoop het.
Dan stop jy als en voel dit…grateful vol hart.

27 Februarie 2013
Daar sê Nehemia dit in die Bybel…”Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie kom nie.” (Neh 6:3)
Ek vat dit vir my vandag.
Ek soek my stil plek vandag…
dis ‘n groot werk, ek kan nie kom nie…

19 Februarie 2013
Woorde maak regtig ‘n verskil. Vrydag praat ek met iemand en toe ek wegloop toe voel dit asof `n hond my gebyt het…
Vandag loop ek van iemand af weg en dit voel asof daar olie in my ratte geloop het.
Mens moet jou woorde weeg…elke dag.

image

12 Desember 2012
Ek onthou hoe ons as kinders in die mielielande gespeel het, op hooibale geklim en in koeimis getrap het om te keer dat die duwweltjies ons voete steek. Ek het in jare nie daaraan gedink nie tot ek vandag hierdie quote lees…”Every woman needs a cornfield. No matter what’s happening in your life, find yourself a cornfield and hide there whenever you need to.” Niks so troosteloos as die geroep van ‘n klomp klein agtergelate sussies in die mielielande nie…

24 November 2012
Vandag in ‘n onbewaakte oomblik… I realized that it all, ALL, is finally coming together. Everything I always believed for has finally come to be.
I won’t let go of hope.
I will not quit dreaming and I will not let love depart from my life.

12 November 2012
Mooi woorde en mooi prentjies werk vir my op hierdie Maandag. “Your children love you – if I knew nothing else about you, that would be enough.”…ek weet nie wie dit gese het nie, maar dis vir my mooi…

7 November 2012
Luv hierdie quote van Elsje Neethling…’I believe in the sun, even though it doesn’t always shine for me.‘ I do too, I believe in the sun!

1 Oktober 2012
Om opsies te hê is vir my ware rykdom. Ek het in twee dae uiteenlopende joy ervaar. Wag saam met Charlotte vir daai eerste splinternuwe banke en enjoy die show saam met Gerhard. Ek gaan die ou tannie met die smile wees. Blessed met heerlike memories…

12 Junie 2013
Elke keer wat ek matrasse uitrol en stoele rondskuif om vir hulle plek te maak onthou ek…”how the size of your house has nothing to do with the size of your life...”

image

18 September 2013
Making Memories…by die Vierskole gisteraand.
“Music is pleasing not only because of the sound but because of the silence that is in it: without the alternation of sound and silence there would be no rhythm.”
En dis in al die stiltes tussen-in waar die onthou kom sit.
Eenkeer ‘n Affie…altyd ‘n Affie…en ons het jou vreeslik gemis Gerhard.

13 Julie 2013
Dis altyd opvallend, hoe skielik dit kom.
Dis ‘n gewone dag, met gewone roetine en alles is anders vandag.
Half oorweldig deur grootsheid, die onverstaanbare en die deeglik deurleefde. Dis ‘n op-die-knieë-dag.
Real life is lived on your knees. I’m still finding my knees and what it means to really live...”

image

5 November 2012
Sonder omhaal van woorde het hulle stelling ingeneem,
hande gevat
en uitgebrei.
grys hare op my kop,
Kan ek nou uiteindelik,
na al hierdie jare…
hoop… ek word wys?

5 April 2015
“Ma, dis Mamihlahpinatapai” sê Gerhard vir my asof ek moes weet.
“Die Yaghan Indian tribe van Tierra Del Fuego het actually ‘n woord hiervoor… All parties looking at one another with each hoping that others will do something that they all want done but no one wants to do for themselves.”  Dankie Gerhard, dis hoekom ek jou leer praat het!

11 Januarie 2015
‘n hart vol gratitude,
en as ek ouer word…
My face carries all my memories. Why would I erase them.”

image15 Desember 2014 (Ziplining in Magaliesburg)
Elke liewe kreukel in my brein is uitgestryk.

15 Augustus 2014
As ek ‘n visserman was, en visstokke gehad het – sou ek vandag langs die water gaan sit het en dink oor die lewe.

25 Julie 2014
Heerlike dag van drentel en errands. My ouma sou gesê het…”Dis nou ‘n lekker dag vol boodskappies!”

7 Desember 2014
dis maar hoe dit is met musiek
as hy jou beetkry met sy groot hande
skud hy jou behoorlik uit
sodat jy die volgende jaar binnegaan
sonder die morsige remnants van gister
en as hy met jou klaar is
en jou geluidloos neersit
is jy dankbaar
vir die tekort aan woorde

Ek love Tessa Louw se woorde: “Die waarheid opgelieg, is nie altyd ‘n leuen nie. Maar ‘n leuen kan nooit die waarheid wees nie.

30 Junie 2015
So, vra sy my. Het ma toe begin om gesond te eet?
Ja sê ek en kyk dwars by haar verby.
Wat het ma geëet gisteraand?
Die chips wat oorgebly het van die naweek…en o ja, die laaste bietjie kondensmelk in die blikkie…
Wat nog vra sy, terwyl die lagkreukeltjies om haar oë vou.
Ek kan sommer sien sy verstaan nie mens moet eers alles opeet voor jy begin nie..

image

22 Mei 2015
toemaar… sê sy
ek is hier om die vrede te hou.

jy het sulke mooi bruin oë,
gee jy om as ek vir jou kyk?

dis so lekker warm hier by jou,
aan daai kant is dit yskoud…

(tweegesprek, Sondag 17 Mei)

24 April 2015
Ek jaag nie meer nie, ek sien dinge stadiger. Daaroor is ek bly.

15 April 2015
As een kind sê hy is lus vir kookkos kan mens dit ignoreer, maar as die ander kind dan bel en sê sy kom oor vir boontjies en pampoen…dan moet ek seker maar die potte uithaal.
Tensy dit ‘n conspiracy is…dan is ek net ‘n fool!

11 Mei 2014 ~ Moedersdag
Started my day with my favourite daughter…ended my day with my favourite son.
Grateful van hoek tot kant.

1 April 2014
Grateful…soos wanneer my hart buite hang.

image

 

16 Julie 2012
Ek wou my klavier vandag mis, maar na ‘n HOORdosis van Beethoven se 5de klavierkonsert, het ek daai klavier gehoor, geruik en selfs die klawers onder my vingers gevoel. Viva memories! Heartprints that will stay forever.

14 Julie 2012
Van my favourite woorde is “Moenie worry nie, jy gaan oukey wees” (en dit kan vir Charlotte soms bietjie frustreer, want face dit…daar is nie altyd waarborge nie) – tot ek vandag die volgende hoor. “Everything is going to be ok, and if it is not ok…then it is not over yet.” love it! That is hope!

2 Julie 2012
Dis hoekom mens partykeer net moet niks doen nie. Ek hoor vandag hierdie wyse woorde…as jy van iets ontslae moet raak waarvan jy baie hou…waaraan jy vashou vir baie jare…moenie droewig wees nie…pass your joy to someone else! Give it away!

13 Mei 2012
Net gisteraand sê ek as ek regtig nie weet wat om te doen nie, wanneer dit ernstige sake is…dan maak ek Chamomile Rooibostee – daarom luv ek hierdie die geskenkie met die quote. “Come, let us have some tea and continue to talk about happy things.” Chaim Potok.

image30 April 2012
(Joy! Ek kry Twee vir ‘n Stuiwer by my kinders. Favourite since 1973!)

“Oom Mos was doof, stokdoof vir die foute van ‘n mede-mossie.”
Twee vir ‘n Stuiwer…”Maja kyk verbaas op, draai haar kop effens skuins. Toe gaan daar vir haar ‘n nuwe lig op. Sy is te oorbluf om te praat. Sy kyk en kyk maar net na Mossa, oorstelp deur die lig van liefde wat die aandgloed in sy kraalogies weerkaats.”

image

Toe ek omdraai…twee Power Rangers op my sitkamer bank.

27 Februarie 2014
Partydae, wanneer jy dit die minste verwag, gryp iets jou hart en pen dit vas…vandag is só ‘n dag. Heartprints.

8 Februarie 2014
Daar is iets
onnoembaar mooi
in die genade
van aanvaarding
en die wysheid wat saam
met
vrede
loop.

18 Januarie 2014
Dink hulle aan ons, daar waar ons in ‘n lang tou teen Hans Strydom sit en wag? Waar die weste son kolle in ons nekke brand?
Sien hulle ons geduld as hulle fênsie four-by-four se dik wiele skuins verby oor graspolle trippel?
Sien hulle die bolle sand wat hulle opjaag as hulle off road verby ons jaag?
Weet hy dat een van daai klippe wat onder sy hoppende bakkie uitskiet my hele dag kan shatter?
Mens sien dit altyd ongeveer die vyftiende Januarie.
Die mense is terug van die see af…en hulle is HAASTIG!

image

17 Oktober 2012
I LOVE children…ek gee nie om of hulle 4 of 24 is nie. Hulle gee my hoop. Sit altyd ‘n smile in my hart. Dis rou beauty en joy. Kinders maak alles die moeite werd.

14 Augustus 2012
Die laaste keer wat ek melk laat oorkook het soos vandag, was iewers in die sewentigs toe ek ‘n outjie wou impress met melkkoffie. Wat ‘n spectacular gemors…in ‘n mikrogolf…priceless!

2 April 2012
Ek lees die stories van vriende hier op facebook en besef weereens hoe waar dit is… Partykeer slaan mens se hele lewe om terwyl die res van die wêreld sorgeloos aangaan.
Ek het nie besef dat jou ma so hard moes werk terwyl ons lustig sing nie…
Ek het nie besef dat jy jou pa hierdie maand finaal moes groet nie…
Ek is innig jammer hy het sy werk verloor…
Dis net genade dat ons nie alles weet nie.
Dis beter dat ons, ons gesigte na die son toe draai vir hitte.
Môre is ‘n nuwe dag.
Môre begin ons vars…

15 Maart 2012
Was vandag by die Nefroloog, haar uitslae lyk die beste in jare…ek commend jou my babatjie, vir al die duisende aanpassings wat jy moes maak, hoe mooi jy na jouself kyk. Maar ek en my huis weet daar is net een verklaring vir hierdie verskynsel…die Hand van die Almagtige God!

11 Januarie 2013
Ek is 50 vandag! En hoe lekker bless julle my met al hierdie boodskappies, dat julle aan my dink! En almal wat hierdie dag so spesiaal maak met ‘n song and a dance of joy.
Vyftig, en ek maak vandag vrede met my hare- dit sal nooit reguit wees nie.
Vyftig en ek weet presies wat ek NIE wil he nie…
Vyftig -“Therefore, since we are surrounded by so great a cloud of witnesses, let us also lay aside every weight, and sin which clings so closely, and let us run with endurance the race that is set before us…” Heb 12:1
Let me run the race, till I see Your face…

image

En dan, partymaal, word ek gebless met woorde van die mense rondom my…

Hierdie is vir my net mooi woorde...(dankie vir die share Pieter)

The journey will often chip away at you, that’s what it’s supposed to do. Shards of your life blowing out the window as time moves on like a train. Your travels may cause you to forget who you are, maybe even question your purpose. When that happens always go back to the cross. There at the scene of His death and victory you’ll find your true north and again lay hold of your bearings. But higher than that, you find the quintessential conclusion of your journey: leaving behind a large part of yourself on this lonesome peak to discover and take away a larger part of Him. Go back to the cross; always go back to the cross.” – Will De los Santos

“soos n ou horlosie tik-tak teen die muur
in die stilte van my somber huis
verloor ek in elke minuut by jou n uur”

💚Happiness💚 (charlotte)

24 Januarie 2013 ( van Gerhard)
The Things that Cause a Quiet Life

My friend, the things that do attain
The happy life be these, I find:
The riches left, not got with pain,
The fruitful ground; the quiet mind;

The equal friend; no grudge, no strife;
No charge of rule nor governance;
Without disease the healthy life;
The household of continuance;

The mean diet, no dainty fare;
True wisdom joined with simpleness;
The night discharged of all care,
Where wine the wit may not oppress;

The faithful wife, without debate;
Such sleeps as may beguile the night:
Content thyself with thine estate,
Neither wish death, nor fear his might.
Henry Howard

image

 

3 responses to “brokkies”

  1. Heng ek lees lekker by jou. Moes jou lankal raagelees het.

    Liked by 1 person

    1. Ek is bly… Soms voel dit of jy in die lug inskryf en niemand tel die woorde op nie.

      Liked by 1 person

      1. Nee ek doen beslis.

        Liked by 1 person

Leave a comment