hardepad

Processed with Rookie Cam

(Stukkies uit my dagboek 2002 ~ 2012)

Desember 2002

Ek het hierdie afgelope jaar baie geleer oor die genade en wysheid van God.
Ek het geleer van myself.
Ek het met my eie oë gesien hoe Hy toelaat dat vreeslike goed met my gebeur en dit later omdraai sodat dit tot my voordeel is.
Ek weet vandag dat dit waar is, dat ons weinig minder is as engele.
Daar is ‘n endurance wat te vêr is vir my begrip.
As ek nie in hierdie omstandighede beland het nie sou my lewe verniet gewees het.
So baie kwaliteite sou verlore gegaan het.
Al die dooie hout is weggesny en hoe pynlik was die proses!
Plek, plek bloei dit nog maar dit is só goed.
Dit voel soms of ek op die wal staan en sien hoe mense spartel in die golwe.
Mense waarvoor ek omgegee het, ‘n lewe gedeel het.
Ek kan niemand help nie, ek het nie die vermoë nie.
Maar ek hoop dat hulle sal moeg word vir die onsin en onbenullighede, dat iets sal gebeur sodat hulle die vrede van God kan ervaar.
Ek moet op my knieë bly sodat ek nie meewarig sal toekyk nie.
Dat ek altyd sal onthou hoe doelloos dit was en leeg.
Ek is só dankbaar vir die rus hier op die wal.
Dit het betyds gekom, die tog was moeisaam.
Ek het soveel foute gemaak, ek was hardkoppig.
Ek bid dat die Heilige Gees my hart sal brei, dit sag sal hou.
Ek wil nooit weer die spoor byster raak nie en deur die woestyn trek nie.
Daarom weet ek dat ek my oë moet hou op die Lig.
Bly by my Here in hierdie nuwe jaar en rig my voete op die regte pad.
Weerhou my van kwaad en ander se venyn.
Wil U gee dat hulle alle belangstelling in my sal verloor.
Ek moet ‘n dowwe herhinnering word.
Draai hulle gedagtes weg van my, laat dit vol loop van U.
Sal U met my vyande afreken?
Sodat ek net hier kan bly, in die rus van U skadu.

Processed with Rookie Cam

Iewers in 2010

Oor 47 jaar het “damme in my lewe gebars en daar het klei oor my hart gevloei.
Die son(omstandighede) het die klei kliphard gebak.
Niks kon hier groei nie, geen hamer kon dit breek nie.
Maar die Here het ‘n gaatjie gegrawe, die Heilige Gees het saad geplant, Jesus het die gaatjie toegegooi met sagte sand en dit nat gemaak met Sy bloed.
God se liefde vir my is besig om die saad te laat ontkiem en groei.”

Ek moet net deur Sy krag wag.
Hy sal self, sonder enige effort van my kant af die plantjie laat groei.
Welig.
Met blomme in abundance.
Sodat ek daardie blomme kan gee vir wie ook al dit nodig het.
Dit is genoeg.
Staan op, loop, sit en dink gedurig aan Hom.
Die res sal volg.
Dit is Sy belofte aan my

Processed with Rookie Cam

6 Augustus 2011

Hier is ek op dieselfde bladsy ~ met niks en met baie op die hart.
Wat is die antwoord en hoe bepaal mens die regte keuse?
Waarheid aan jouself, waarheid voor God en hanteer die hardship van die trials.
Lees in die geskiedenis van mense wat doodgegaan het daarvoor en dit is edel.
Maar dit is baie, baie moeilik.
En kry iewers die hoop en die troos van die ewige lewe.
En dit is die pad wat ek wil loop, die pad wat ek wil kies.
Dit sit reg en oop na God toe.
Maar dis moeilik.
Elke dag moet ons leef.
Opstaan en die beste maak.
Hoeveel kan mens regtig endure.
Ek kyk na geskiedenis en ek kan verstaan dat mens op daardie punt kan kom waar jy amper vrywillig jou kop op die blok sit sodat die valbyl kan val.
Die vrees, die pyn, moet verskriklik wees, maar dan is dit verby.
Jy is by jou Saligmaker.
Alles is dan die moeite werd.
Dis verby.
Maar die pad, die stryd om aan te hou ~ dis verskriklik!
Dis soos ‘n wond wat nie genees nie.
En as ek terugkyk dan weet ek dat ek vandag meer en beter weet as gevolg van al die moeilike dae.
Ek is bly dat ek daardeur kon kom en so my onskuld verloor het.
Maar my hart gaan uit na die mens wat so moes endure.
Die Here weet, dit was nie ‘n maklike pad nie.
Vertorringde, uitgerafelde oorskot ~
En daar is nog só baie om te doen.
Moes ek dan hier kom getroue God?
Waar ek nie ‘n benul van enige hoop het nie.
Waar ‘n massiewe hoeveelheid deure in my gesig toeklap.
Hier waar paaie summier eindig.
Hier waar alle planne skeefloop…
Hier waar denke en woorde finaal faal…
Is dit hier waar ek moet wees?
Hoe kyk ek nou na my lewe en my opsies?
Met uiterste wanhoop?
Of met joy vir die geskenkpakkie wat kom?
Ek weet nie, en daarom dink ek nie daaraan nie.
Al wat nou moontlik lyk en voel is nou.
Vandag.
Om asem te haal.
Arms oop te maak, kop op te lig en U lig tegemoet te loop.
Net U maak sin Vader.
En as ek enigsins twyfel laat dit wees soos met Daniël se drie vriende, dan glo ek steeds.
Want as U nie bestaan nie…
As U nie vír my is nie…
As U my nie onthou nie…
Dan is ek reeds dood.
Here help my om my lewe aan te pas.
Terug te draai na U.
Ek wil U eerste in my lewe hê.
Ek wil volgens U wette leef.
Ek wil U koningkryk najaag, want ek sien geen ander opsie nie.
Maar ek is uit planne en krag.
Ek is gestroop, verlam en ek voel onbekwaam.
Red my asseblief Heilige, ewige God en Vader.

Processed with Rookie Cam

 

Processed with Rookie Cam

18 Augustus 2012

And still the path ahead is unclear.
But the traveler feels light and unburdened.
When people are talking behind your back, you are walking in the right direction.
Behind me.
Closed doors.
Finished business.
And very clear to me…
In the eye of the storm is stillness.
This is now.
This is today.

21 Augustus 2012

Ek wou skryf en nou wil ek nie meer nie. Soete drome.

Processed with Rookie Cam

 

 

 

One response to “hardepad”

Leave a comment