perspektief

image

 

Maandag 23 Mei 2016

ek glo nie aan ‘n blou Maandag nie
ek beplan
vandag sit ek my bril skaars neer
toe val die wiele behoorlik af
en ek word in alle rigtings gespan
ek kom Isak iewers in die gange teë
en hy omsingel my met verwyte
en waar was Liza
ek sien die bril in jou kantoor
maar ek sien vir jou nêrens
en die vrou huil
ja Isak stribbel ek teë
maar hoe dan nou
sy het nie ‘n appointment gemaak nie
ja sê hy
maar anner mense maak
‘n appointment met die Here en
Hy stuur hulle na jou toe
so jy moet vir ons sê waar jy is
want só kan ons nie sukkel nie.

So leer ek die les, die mens wik … maar God beskik…en ‘n appointment staan nie noodwendig in my boek geskryf nie.

Leave a comment