19 Maart 2018
Ons gaan vandag na die Great Buddha Monastery toe. Met ons aankoms kan ons die chanting hoor.




Random beauty…
Gerhard sê hy dink skielik aan Daniël en sy drie vriende. Ons praat oor geloof, toewyding en eindig by ons Almagtige God.
Ek was vandag hier.
Ek het op die trappies gesit en dink dat ek dankbaarheid saam met my wil vat. En ek het onthou dat ons gebede voor Hom opgaan soos lieflike wierook.
n.s.
Ons het sop~pap~water~nat gereën vandag. Ek het gesê dis ‘n monsoon maar Gerhard sê ek oordryf.
Kyk maar na my hare en maskara en besluit self wie is reg.
10 km op my fitbit.
Ongelooflik interessant. Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Liza, ek is so bly as iemand anders ook verstaan dat ons ons God oral saam met ons neem, en dat Hy nie gaan wegkruip in die teenwoordigheid van ander gode nie.
LikeLiked by 1 person
Vir my word Hy groter en nog meer real. En ek is baie bewus van die feit dat Hy 100% toeganklik is. Altyd. Oral.
Jy is ‘n kindred spirit, ek waardeer jou.
LikeLiked by 1 person