my camino – klipstapels

DSC00068

a rock cairn marks a path for people
a humble stack of rocks
it is a thing of beauty
a cause of hope
like certain people we encounter
it both takes us further
and leads us home

DSC00369

Ek wonder altyd wie het die eerste klip neergesit? En wie het besluit om ‘n tweede en derde klip versigtig op die eerste klip te balanseer?

Wat dryf mens om die klip op te tel en neer te sit?

Elke keer as ek by ‘n klipstapel kom weet ek dit is heilige grond.  Partykeer lê van die klippe rond, soos geldstukke in ‘n waterfontein.  Maar as jy mooi luister hoor mens die eggo van iemand se gebede en hulle wense.

DSC00332

As a spiritual person I felt that I could claim ordinary moments of life for God and invite those who pass to witness the holy ground on which they already stand.  I could celebrate and give thanks.  I could stand in awe of God and remember what He has done in my life and I could pray for what He will still do.

DSC00318

Ek mag nooit by hierdie klipstapel verbystap om jou te gaan seermaak nie. En jy mag dit ook nie doen nie.  – Genesis 31:52, Die Boodskap –

DSC00331

vanaand se klipstapel blyk hoër te wees
as ander aande
en die offerlam is rusteloos
bang
vrees ontspring immers uit ‘n legio fonteine
– Anzél Bezuidenhout – 

DSC00102

koggelgedagtes
klipstapel in my kop
terwyl my keel
droog aan ‘n nuwe nagmaal sluk
biddend dat ook hierdie beker
in stilte sal verbygaan
en ek weer opnuut
nuwe vrede sal vind
– Anzél Bezuidenhout – 

DSC00320

Dit is baie spesiaal as iemand ‘n klip vir jou neersit. Dit is ‘n intieme oomblik waar iemand vir jou sê, ek het aan jou gedink.  Ek weet presies waar my klip lê op hierdie klipstapel want hy het vir my gewys.

DSC00153

the key to keeping your balance is knowing when you’ve lost it

DSC00135

in today’s rush we all think too much,
seek too much,
want too much
and
forget the joy of being
– Eckhart Tolle – 

Processed with Rookie Cam

vir charlotte – 8 Mei 2018
ek weet ek het belowe om vir jou ‘n klippie te plant
(soos ons gewoonte is)
maar ek kon die gedagte aan jou nie begrawe nie
die grys-en-wit klippie links voor is joune
mag al jou gebede soet opgaan
en jou klippie bak
hier in die spaanse son

0D305683-0B8F-4D52-B740-82866CB980F0

in reaching for balance we find alignment

E54DA089-AE6D-4626-AAA1-CEA4AC08A26B

move… and the way will open

D64DD741-A4CB-4BD7-AD65-928297D64F6E

Cairns are universal. It is the idea that someone takes a rock, this inanimate object, and builds a pile and invests it with meaning. – David Williams –

 

ek het die camino gaan loop met twee geheime klippies in my hand
ek het dit ongemaklik stil geskuif van links na regs
dit stilletjies in my rugsak gedruk
en een dag toe ek dit op ‘n klipstapel wou neersit
per ongeluk
die balans versteur
en die hele hoop omgestamp
dit was amper soos om ‘n spieël te sien breek
ek het my klippies opgetel
en bedwelm deur verdriet
dit sagweg in my hart
gedruk

en nou moet ek hier by die huis
dapper met dit deal

ek wens ek kon
(soos al die ander mense)
dit net daar op die camino los
en lig
sonder sorg of kwelling
blinkoog op my môre wag

 

Listen to yourself, and in that quietude you might hear the voice of God. – Maya Angelou –

3 responses to “my camino – klipstapels”

  1. Ons mis jou, veral ek…

    Liked by 1 person

    1. Ek is hier. Ek wag net vir my hart en kop om te align sodat die woorde eerlik vloei. Vir nou is dit alleengesprek met my joernaal.

      Like

      1. Reg so, ons sal wag.xxx

        Like

Leave a comment