Dit het weereens ‘n ruk gevat om hier te kom. Eintlik het dit ‘n landswye lock-down geneem om my tot stilte te kry. Ek het baie verander, die manier hoe ek oor goed dink het ‘n nuwe vorm aangeneem. Ek bevraagteken myself steeds, ek bevraagteken my koers… maar vandag was vir my mooi. Elke keer as ek werklik stop om by die kern van my menswees uit te kom, dan besef ek dat ek tot rus gekom het in die liefde. Ek het tot rus gekom in God
“Ons lees graag die Bybel, ons gee ook ons opinies oor die inhoud van die Bybel. Maar soms is dit nodig om stil te raak… om toe te laat dat die Bybel my lees, om te kyk wat Hy op my wil laat skyn.” (Barry van der Merwe)
Ek gaan my benadering na vandag aanpas. Ja, ek bestudeer die Bybel. Die inhoud en kompleksiteit is iets waarmee ek voortdurend gekonfronteer word. Maar wat as ek tyd maak sodat die Bybel my kan lees? Stil raak sodat ek werklik kan ervaar wat Hy vir my wil sê?
Ek is bly dat ek vandag deel kon wees van ‘n Online Silent Retreat. Ek volg die riglyne, ons fokus op die bekende Psalm 23. Ek besluit om dit in Afrikaans te lees en my hart fokus op die tweede vers in Die Boodskap.
Die Nuwe Lewende Vertaling Bybel van 2006 gee die mooiste verduideliking van vers 3:
Hy verkwik jou siel
Verkwik: om te verfris, te lewe, op te beur of te troos, om nuwe krag of moed te gee.
Met jou siel verwerk jy jou omstandighede, beleef jy gedagtes, ervaar jy emosies en gee uitdrukking daaraan en neem jy besluite… Lei my op die pad van eerlikheid, opregtheid en geregtigheid…
Dis eers nadat ons die ikoon van Jesus as die Goeie Herder bestudeer dat my hart omswaai na Engels.
The Amplified Bible 1987
Ek lees hierdie woorde en toe vat ek die Psalm en maak hom myne.
-You refresh and restore my life – my self
You, O God, is my Shepherd
You feed, guide, and shield me.
I shall not lack
You make me lie down
In fresh, tender green pastures
You lead me beside the still and restful waters
You refresh and restore my life
my self
You lead me in the paths of righteousness in your name’s sake
uprightness, in right standing with you
I can’t earn it
I might walk through the deep sunless valley of the shadow of death
But,
I will fear or dread no evil
For you are with me
Your rod protects me
Your staff guides me
You comfort me
You prepare a table before me in the presence of my enemies
You anoint my head with oil
My brimming cup runs over
Surely,
Only goodness, mercy and your unfailing love shall follow me
all the days of my life,
and through the length of my days the house of the Lord and His presence
Shall be my dwelling place
Dit was ‘n alleen-dag. ‘n Stil Saterdag. ‘n Mooi en goeie dag.
Leave a Reply