sisyphus

Ek het ‘n prentjie, sê ek vir hom.

Ek kan nie onthou wanneer ek dit die eerste keer gesien het nie.

Ek klim die berg (never-ending) en dit duur my hele lewe lank.

Uiteindelik (ek het nooit verwag dit sal in my leeftyd gebeur nie), kom ek bo-op die berg.

Daar wag ‘n baie ou, wyse man my in. Sy hare is lank en grys en hy dra ‘n spierwit kleed. Ek gaan sit oorkant hom en ek praat en praat en praat… Hy kort geen verduideliking nie. Hy vra geen vrae nie. Hy het geen opinie nie. Hy luister, hy knik instemmend. Dis asof hy alles reeds weet. Vir my lyk dit soos Gandalf van Lord of the Rings, of miskien ‘n yogi, of dalk God self.

Ek weet nie.

Maar ek voel geliefd, gemaklik en vol vrede.

Soos tuiskoms.

Jy laat my dink aan Sisyphus, sê hy. Hy het sy hele lewe lank ‘n rots bo sy kop teen ‘n berg uitgestoot.

Dit klink soos my lewe, sê ek.

Toe ek by die huis kom toe lees ek alles wat ek kan oor Sisyphus en ek raak effens verdwaald in die Griekse Mitologie. Die storie is redelik hartseer.

Dieselfde tyd verskyn die kunswerke van Hennie Nieman op sy facebook blad.

Maar… alles oor Sisyphus is nie droewig nie. In al my lesery kom ek op die volgende af:

The Lessons of Sisyphus

“Sisyphus teaches us to never give in to circumstantial disappointments or try to escape from the failures. Rather accept failures the same way we accept our achievements. And most importantly, no matter how much we lose in our quest, we must never back down till we fulfill our potential.

A take on Sisyphus… Embracing his situation without thinking of the past or the future. He was unstoppable, he pushed the rock unabated every time it rolled down. He refused to surrender to gravity.

Embrace the rock. Be persistent. Work hard. Never give up. And… be thankful for the journey.”

Ek rol nie meer die klip nie.

Ek is bo-op die berg.

Ek sien nog nie die wyse ou man nie maar ek kyk uit.

Skilderye: Hennie Nieman

3 responses to “sisyphus”

  1. Ek is bly jy is bo.

    Liked by 1 person

  2. So dankbaar dat jy bo is, Liza.❤

    Liked by 1 person

  3. Geniet die uitsig en sien hoe jy gegroei het in die proses

    Liked by 1 person

Leave a comment