die leopard trail

hierdie is ‘n storie wat ek oor ‘n paar blogs sal vertel

sy het my in maart gevra of ek deel van haar pelgrimstog sal wees in augustus

ek ontmoet haar groep vriendinne die dag voordat ons die leopard trail aanpak – ons vertrek die oggend van 6 augustus van george na die baviaans kloof

ons ry vier ure om by die bestemming aan te kom, kry ‘n kort briefing, sorteer ons bagasie, eet ‘n ligte middagete en teen twee uur vertrek ons op die eerste been.

Dag 1 (Distance 9.73 km/ Elevation Gain 328m)

Dag 2 (Distance 18km/ Elevation Gain 681m)

ons loop deur die rhebok vallei, klim tot by die cedar views, steil afdraendes vat ons na die reflection pools, ons klim op teen dragon ridge en klouter op en af oor labyrinth hill tot ons by ons oornag hutte kom

Dag 3 (Distance 22 km/ Elevation Gain 730m)

ons het vroeg weggespring, geweet dat hierdie dag ons regtig gaan toets

ons klim drie pieke vandag honeybush hill, inconvenient truth en ain’t so bad

Dag 4 (Distance 13 Km/ Elevation Gain 648m)

deur die birdsong vallei, fond farewell, the cauldron en dan ‘n afdraende terug na die basis kamp waar ons avontuur begin het

dit is ons laaste dag op ons voete, die wêreld wag al klaar weer vir ons, toe ons in die bussie klim terug na ons onderskeie lewens, kyk ek na al die vroue rondom my en ek verstaan hoekom sy elkeen met die hand uitgesoek het

ek is bly sy het my ook gekies, ek wens die wêreld kan ‘n rukkie langer wag

13 responses to “die leopard trail”

  1. Dis wonderlik om jou weer hier te sien en die feit dat jy so ‘n staptog aangepak het, vertel my dat dit goed gaan met jou. Ek sien uit na die res van jou vertelling 🥰

    Liked by 2 people

    1. Dankie dat jy gelees het!

      Liked by 1 person

  2. Ek stem saam met tannie Frannie, dis goed om weer by jou te kan lees, Liza. Dit klink en lyk na ñ wonderlike staptog/lewenstog.

    Liked by 1 person

    1. Dit was Una! Bly jy het ingeloer.

      Like

  3. a lekker kan nie wag vir die res nie

    Liked by 1 person

  4. Sien uit om dit weer met jou woorde te stap

    Liked by 1 person

    1. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring!

      Like

  5. Ek kon dadelik sien dis Karoo-wëreld. ‘n Anderste mooi en stilte, né. Ek lees graag vlg keer verder.

    Liked by 1 person

    1. Die omgewing is beeldskoon.

      Like

  6. Wow! So bly om jou weer te lees..en ek kan nie wag om die res van die avontuur te lees nie!

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die inloer woordnoot – ja, uiteindelik het die lus vir skryf my weer aan die gang.

      Liked by 1 person

      1. Dis so goed! Blogland was baie stil.

        Like

Leave a comment