geskenke uit die hart

die aand voor ons vertrek na george om die leopard trail te gaan stap

Ek kry haar by die eetkamer tafel. Sy het nog nie gepak nie, maar sê sy… alles lê op haar bed.

Ek ken net ‘n handjievol mense soos die. Sy maak nou geskenke vir elke vrou wat die staptog gaan meemaak. Ek gaan sit by haar en honderde gedagtes gaan deur my kop. Ek kyk na elke naam en wonder oor elke vrou maar ek weet dat elkeen van hulle ‘n rol gespeel het in haar lewe.

Ek is pynlik bewus daarvan dat ek nie altyd daar was vir my sussie nie. Ek is dankbaar vir elkeen van hierdie vroue wat haar kon bystaan toe my arms te kort was.

sy vra my om die geskenkies binne ‘n groot koevert te sit

Oor en oor gaan sy terug na spesifieke boekies, verf en teken nog ‘n stukkie detail by. Ek kyk nie wat sy in my boekie skryf nie – die verf is nat en ek wil dit ook vir myself as ‘n verassing hou.

Sy neem ‘n oomblik toe ons almal daar op Heroldsbaai by kerslig sit en gee vir elkeen haar geskenkie. Sy sê ook hoekom sy elke vrou gekies het om saam met haar op hierdie pelgrimstog te kom.

Ek maak my boekie oop…

as iemand my sou vra wat my beste raad vir vandag se mensdom is, dan sou ek eenvoudig antwoord; om hemelsnaam, stop vir ‘n oomblik, hou op werk, kyk om jou rond. Leo Tolstoi

Dis eers op die tweede dag van ons staptog toe ons by die reflection pools tot rus kom wat sy sê ons is haar ”pick ‘n mix” groep.

My pick-n-mix verskeidenheid is perfek.
 
Daar is altyd die taai toffie wat n bedreiging vir jou stopsels is,maar wat nodig is om deur te kou met ‘n uitgestelde beloning van sout- karamel smaak in jou mond nadat die klonte stuk stuk minder word op jou tong (T)
 
die sagte blokkie sjokolade met n hart vol karamel wat laggend weet dat jy vir nog een gaan vra (C)
 
Die ronde klontjie wat oopkraak met heerlike crunchie binnegoed, as jou maaltande hard afdruk en dan wonder of elke stukkie presies uitgewerk is op papier (K)
 
Die nougat met berries en neute wat van veraf dof lyk en jou noop om dit nader te bring sodat jy die detail van cranberries, neute en moeite kan bekyk (S)
 
Die mint wat jou mond soos oggend laat voel as jou slaap nog vlak proe in jou mond – nuwe lewe gee en jou laat vergeet van dit wat verby is (S)
 
En die amandel neut toegeverf in wit of pienk, wat kosbaarheid omlyn met haar lank en slanke buitelyne (D)
 
Party is in mooi en in blink papiertjies toegedraai, maar diep binne probeer sy haar seerkry verbloem (B)
 
 Dan is daar die ‘wafer’ chocolate wat laag op laag vol geheimenis lê , wat self besluit wat sy gaan sê (L)
 
Die truffle gevul met onverwagte kaneelsoetstroop, vol geheimenisse, wysheid en wat lewenservaring in haar oë rond dra (Liza)
 
En dan is daar die selofaan, wat alles bymekaar maak, n strik om haar nek maak en geseënd voel omdat haar heupe, maag en rug gevul is met uitgesoekte lekkernye waar eens net leë spasies was (Madeleine)
Madeleine Sutherland

Alles maak vir my sin, nou dat ek die vroue leer ken het. Ek kan so vereenselwig met dít wat sy van elkeen sê. Hierdie is ‘n rare klomp mense en sonder dat ek dit kan beskryf voel ek deel.

Aan die einde van ons avontuur het die bussie eers ‘n paar van ons by die lughawe gaan aflaai sodat ons op die vliegtuig kon kom terug na Johannesburg.

Agterna stuur Theonette hierdie foto wat sy in die lug sien net nadat hulle weer by die lughawe wegtrek.

nou die dag het ons julle afgelaai, nou weet jy mos my tema vir die hele week was love, en liefde in die harte en al daai goeters wat ek toe nou gedoen het. En toe ons julle klaar afgelaai het, toe kyk ek so regs uit die bussie uit, jy weet mos daai van … ag nou is alles tot ‘n einde… en in die wolke sien ek love geskrywe. Gaan kyk weer na daai foto wat ek gestuur het op die groep maar my foon is toe pap en ek skree net “iemand kyk! daar staan love!” en almal sien dit toe, maar toe ek neem toe het die “e” al so ‘n bietjie geskuif. Maar gaan kyk daar is ‘n hart selfs aan die regter kant van die woord en onder vorm dit ook half ‘n hart. Ag! Dit was awesome…

Soos ek deur almal se fotos kyk en die boodskappe op ons groepie lees besef ek dat ons almal eintlik ons eie reis beleef het hier op die leopard trail. Ek sal nooit weet wat die impak van die stap, die gesels, die omgee en die swaarkry op elke individu gehad het nie.

Daar het baie vir my oopgevou. Daar het klaarheid gekom rondom heelwat los drade. Ek het ook sommige ‘issues’ op die klipstapels neergesit daar hoog in die berge.

Deurentyd terwyl ek bewus was van al die werk wat op my wag as ek by die huis kom het ek gedink aan die profeet Nehemia wat gesê het:

ek is besig met ‘n groot werk, ek kan nie kom nie (Neh 6:3)

Al tien van ons het ons lewens agter ons gelos vir hierdie paar dae. Die Here was besig met ‘n groot werk in ons almal se lewens… ons kon nêrens anders wees nie. Ons kon nie kom nie…

As ‘n nagedagtenis

Ons het daardie einste boekies in die agterruit van die kar laat droog word voordat ons dit inderhaas ingepak het op die lughawe. Sy het wraggies die laaste strepe met haar pen getrek terwyl ek en al die bagasie al in die kar was.

8 responses to “geskenke uit die hart”

  1. Dankie vir jou mooi skryf

    Liked by 1 person

  2. Dis soo mooi…die woorde, die beskrywing en die dieper gedagtes

    Liked by 2 people

  3. Jy en jou sus toor ewe mooi met woorde. So bly ekt jou só oppi trail leer ken. n hoogtepunt was julle wat liedjies deel in die rivierloop…
    Die mint. Xx

    Liked by 2 people

  4. Dis n kosbare blog. Een van daai wat mens n paar keer wil lees om seker te maak jy het als raakgelees. Dis soos die sakkie vol lekkers…stukkie vir stukkie, een vir een. Dit was die regte ding op die regte tyd. Godly appointment. En daai wolke het dit onderstreep. Kosbaar. Dankie vir die deel.

    Liked by 1 person

  5. Watter voorreg, om so ‘n pelgrimstog te kon beleef.

    Liked by 1 person

  6. Sjoe. Wat ‘n spesiale reis mooi beskrywe. Ek lees weer en weer.

    Liked by 1 person

  7. Ai Liza, dit klink wonderlik. xxx

    Liked by 1 person

  8. Theonette Groenewald Avatar
    Theonette Groenewald

    Liza hierdie is so kosbaar! Dankie!

    Liked by 1 person

Leave a comment