15 Maart 2018
Dis reënerig in Guangzhou vanoggend en ons besluit dis ‘n goeie dag vir museums.
Ek is in beheer van die metro vandag en ek gaan ons oral uitkry. Dit gaan heel goed todat ek probeer om ‘n stasie te identifiseer. Kyk na die groot naam op die bord ma, sê hy geduldig. Ek kyk… en al wat ek sien is accessable elevator. Dit kan tog nie wees nie sê ek vir hom, dis nou al die tweede stasie. Nee man, lag hy. Kyk daar! Kyk op die groot bord. Ek voel vir ‘n paar sekondes simpel en toe lag ek kliphard in afrikaans!
Martyr’s Park
Dit het opgehou reën en ons truie is lankal in ons sakke. Kom ons klim hiér af, sê ek. Kom ons kyk hoe lyk die park.









Hier is ook ‘n museum en ons loop rustig daar deur.
Dis dae soos vandag wat ek Gerhard se algemene kennis geniet. Hy vertel stories, delf diep in die geskiedenis en help my om sin te maak van alles.
Ons haal die metro na die volgende stasie en stop vir ‘n Westerse ervaring.


Ek leer vinnig hoe die metro werk en ek wil ook darem my leermeester beïndruk. Dit neem nie lank voordat ek doelgerig en ferm stelling inneem by die deure nie. Ma moet bietjie rustig raak sê hy in ‘n kalm stemtoon. En lees bietjie wat hier op die grond staan…
Ek gaan myself hieraan herhinner dink ek. Courtesy en modesty brings harmony.
Guangdong Folk Arts Museum
























Ons begin daaraan dink om huiswaarts te draai maar ons sien ‘n kennisgewing oor die Peasant’s Movement Institute en besluit op die ingewing van die oomblik om van die metro af te klim om te gaan kyk.
Die toegang is gratis.
Peasant’s Movement Institute
Al die inligting is in Chinees en dis baie moeilik om te verstaan presies wat hulle sê. Ons lei wel af dat ongeveer 800 mense van die werkersklas hier opgelei is, ingewoon het en later in die samelewing ontplooi is. Ons herken die gesigte van sommige van die leiers in die verlede. Who needs Google as Gerhard by jou is?
Die poletiek gaan by my verby en ek fokus op die mooi.





Ek het vandag ook behoorlik kennis gemaak met die Chinese toilette. Dit is gewoon ‘n gat in die grond en nogal ‘n beproewing.
Ons het weer lekker gelag toe ek vir Gerhard sê mik en druk kry vir my nuwe betekenis en hy antwoord so ook plofgeluid.
Fitbit sê ons het vandag 12.9 km geloop.
Leave a Reply