a re~purposed life: added sunlight

stukkies uit my dagboek

ek is só dankbaar vir die stiltes en dat woorde in my keel verstrik geraak het

ek voel nou eers weer mens en ek weet die wagtyd is verby

6 julie 2018 

ek het gisteraand vir die eerste keer van jou gedroom
daar is ‘n sadness in my hart
waarvoor ek nog nie woorde kan vind nie.
dis vir my regtig unreal (maar ook tog só bekend)
dat as ek los, daar niks oorbly nie
my ore hoor ‘you are worthy’
my hart vind dit nog vreemd om die woorde te interpreteer
daar waar ek behoort te wéét
daar is dit nog leeg
ek sal nie ophou glo nie
ek sal nie ophou om te probeer om dit my waarheid te maak nie
maar, met my geskiedenis moet ek erken – ek weet nie hoe nie…
net die Here kan dit vir my doen
die ratte stadig draai
adjust
draai
adjust
todat alles in plek val
ek kan aan niks anders dink om te doen nie
net vashou aan Hom
Sy timing
Sy gedagte aan my
Sy openbaring 
     i n t e l l e k t u e e l
todat dit vatplek kry in my hart
en dáár
welig
begin groei
ek voel stil, rustig en vreedsaam vandag

7 Julie 2018
 
okay Here, ek sit hierdie verslete
voosgevryfde teddiebeer neer
my attitude suck
suck
suck

ek vra dan nou dat U my help
want dis duidelik dat ek U nog nie genoeg vertrou nie
ek weet nie hoe dit voel om die beste te kry nie
so, ek neem myself nie kwalik nie
hierdie is ‘n leerproses
maar ek sit my simpel beer nou neer
en nou gaan ek net glo en wag
nee,
ek gaan selfs opgewonde raak
want ek gaan iets kry wat ek nog nooit gehad het nie
ek wag voluit op U
en al sukkel ek hoé
ek gaan glo dat U die beste vir my het
en ek weier om beheer te neem
ek sit alles neer
ek vertrou nou op U
wys my nou asseblief Here
wys my!
en moenie te lank vat nie
wys my wat U met my lewe kan doen as ek beheer oorgee
hierso,
vat asseblief my lewe
vat die stuurwiel
wis uit
en bring terug
dít wat U wil
ek is gatvol gewag
suutjies geleef
en, om bang te wees
bring dit
ja, druk dit sommer in my gesig!

10 Julie 2018
 
mens moet soms surrender
rustig wag
dat dinge gebeur soos dit moet
selfs
al wikkel dit elke moontlike vrees
los
en al het jy absoluut geen
beheer nie
partykeer
moet mens net met jou hele hart
glo
en vertrou
dat jou
hart
weet
en jou siel
die pad ken
 10 Julie 2018
 
partykeer
laat my gedagtes
my dans
soos marionette
aan ‘n tou

maar as ek regtig
vrede soek
moet ek
my gedagtes laat dans
laat bokspring
op die ritme
van
my
waarheid
 
 5 Augustus 2018
 
so baie het gebeur
twee rollende klippe
een het groot geword en al die
probleme platgerol
grateful
want dit is werk
die ander een het in duisend klein
splinters gebreek
en ek het geen antwoorde nie
juis dáárin
is
die
antwoord
 
dis lekker hier by my
waar ek in my vrede draai
ek eet varsgebakte nagmaalsbrood
en drink soet old brown sherry
en
ek hou van waar ek is
ek weet nie hoekom ek voortdurend
alles van myself opgee nie
dis lekker hier by my
en jy mis uit

2 responses to “a re~purposed life: added sunlight”

  1. Ek hou van jou lewenslesse-skrywes.

    Liked by 1 person

  2. Mag jou Vrede al hoe meer word.

    Liked by 1 person

Leave a comment