ek noem jou my vriend

as jou dae swanger is van verwagting
en jy nie jou woorde kan vind nie
as jy jouself in die tussen-in bevind
dan praat 'n vriendin nie baie nie
sy doen wat sy weet jou hart
bymekaar gaan hou
haai liewe liza sê sy
het jy reeds 'n kaartjie vir Michael W Smith
of kan ek jou saamnooi?
ek wil graag hê jy moet gaan om dit net te geniet
terwyl ek luister na sy medley van draw me close to you,
crucified en above all power
voel ek hoe die warm trane oor my wange loop
ons lag en gesels
ons worship
en ons prys die Een wat ons in gemeen het

dankie lianda
vir die mooi memories en fotos wat jy geneem het
Each friend represents a world in us, 
a world not born until they arrive,
and it is only by this meeting
that a new world is born.
- Anais Nin -
sy praat nie baie nie
sê net kom stap volgende week vir so 'n uur saam met my
elke keer sê ek
miskien volgende keer, ek moet seker maak
my creatinine tellings bly normaal
dan stuur sy vir my
blydskap
mooi wense
en fotos
van die
allermooiste goed wat sy sien

dankie jeannie
dat jy jou geheime boshoekies met my deel
dat jy mos en swamme teen boomstamme sien groei
en aan my dink
 Real friendship, like real poetry, 
is extremely rare
and precious as a pearl.
- Tahar Ben Jelloun -
so, dearest friend
i thought that while you are recovering on all levels
i would take you on a day by day journey of scotland


en toe stuur sy vir my haar allermooiste fotos
en haar ervaringe
en daar waar ek op my bed lê
loop ek saam met haar
deur die highlands, cathedrals en monasteries van skotland
ek kyk na die st andrews gholfbaan, drink 'n glasie whiskey
en dink aan die gypsies wat sy teëkom
ek verloor myself in die pastorale vrede
loodglasvensters
en musiek in katedrale
ek sê vir haar ek dink ek moet daar in skotland
gaan stap
as alles verby is

a long walk in scotland could be the beginning
of a whole new life...for sure, antwoord sy

dankie Pam, vir jou mooi fotos
en dat jy my uit my seer lyf weggevoer het
na plekke waar ek nog nie was nie
The friend who can be silent with us in a moment
of despair or confusion,
who can stay with us in an hour of grief and bereavement,
who can tolerate not knowing...
not healing, not curing...
that is a friend who cares.
- Henri Nouwen -
En dan, my liewe skoolmaat wat haar eie stryd teen kanker stry
maar elke dag van haar lewe iets stuur om my
moed te gee en op te beur...
dankie Karin
soos altyd stuur ek vir jou 'n arm vol veldblomme...
Remember that the most valuable antiques are dear old friends.
- H. Jackson Brown, Jr -

10 responses to “ek noem jou my vriend”

  1. Hoe lieflik en geseën – ‘n kring vroue en Goddelike glo – kragtig en sterk al is ons broos.

    Liked by 1 person

    1. Ek dink dit is hoe hulle oor die Drakensberge is! Mekaar moed ingepraat en vars brood aangegee.

      Liked by 1 person

      1. Net so, dis hoekom ons ook nog kan! 😉

        Liked by 2 people

  2. Jy het pêrels in jou lewe, Liza, vroue met die hand uitgesoek net vir jou. Want Hy ken julle.

    Liked by 1 person

    1. Ja Una, ek neem dit nie as vanselfsprekend aan nie. Almal is so besig en moet self punte bymekaar hou. Dit is ‘n groot bederf as iemand tyd maak vir vriendskap.
      Hoe gaan dit met jou en die pakkery? Ek dink so baie aan jou in hierdie spesifieke seisoen van jou lewe.

      Liked by 1 person

      1. Die pakkery vorder, Liza, ek tel op die oomblik die dae om. En dis nie negatief nie, ek begin uitsien na my nuwe seisoen.

        Liked by 1 person

  3. Baie opbeurend..wonderlike vriendskap en die pragtigste foto’s!

    Liked by 1 person

  4. Ware vriendskap is kosbaarder as korale, dis verrykend en blywend. Jy is geseënd met kosbares om jou.

    Liked by 1 person

  5. Dis waar trommeltjies, ek neem dit nie as vanselfsprekend aan nie.

    Like

Leave a comment