"we learn the rope of life by untying its knots..."
Jean Toomer
as mens se besigheid buite beheer groei
dan maak jy jou ma
jou assistent
so
op 'n sonnige middag in junie
op my lekker stoep
buig my kind oor my
en sy leer my knoop
ek wil vere en skulpe hier by myne inknoop, sê ek
nog nie, sê sy
ma leer nou eers knoop
ek frons en
fokus op my werk
ek is immers
net
die
assistent
www.meisiekind.co.za
lank nadat sy hier weg is toe kom die woorde in my op
my kind sal leef
want
creativity is mankind's greatest survival tactic...
Jy ruk met hierdie stuk lekker aan die knope in my hartsnare. Sy is so pragtig, Liza.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una, sy is vir my ook mooi. Binne en buite.
LikeLike
Dink dikwels aan julle en dan wonder ek hoe dit gaan…
LikeLiked by 1 person
…daarom is ek so dankbaar oor hierdie kosbare inskrywing.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie, die paneel het toe nie gesit op 11 Junie nie – so ons wag biddend op 16 Julie vir my saak om voor die paneel te kom.
Tot dan is ek nog nie goedgekeur as haar skenker nie alhoewel al die toetse reeds gedoen is. Ons wag en ons bid. Dis al wat ons kan doen.
LikeLiked by 1 person
Ai, sterkte vir julle almal!
LikeLiked by 1 person
Liewe Liza, mag Sy tyd en afspraak met julle spoedig wees. Drukkies en gebede xxx
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! Al die gebede gaan soos soet wierook op. Ek dink gereeld aan Psalm 130 soos ons dit in die Gereformeerde Kerk gesing het… “Uit dieptes, gans verlore, van redding ver vandaan, waar hoop se laaste spore, in wanhoop reeds vergaan… roep ek, o HERE, hoor, en laat my jammerklagte tog opklim in u oor!”
LikeLike
Ek glo saam
LikeLiked by 1 person
It is great .
Best wishes
LikeLike