ek onthou eendag lank gelede toe ek my eie gastehuis bedryf het was die kamers vol en ek was alleen op die werf in my haas het my voet aan die plaveisel vasgehaak en toe ek neerslaan nerf af het ek net so bly lê toe ek opkyk toe sien ek die mooi tuin en my hart huil omdat ek nooit tyd kon kry om dit net te geniet nie ek kan nie onthou hoe lank ek op die naat van my rug daar in die son bly lê en kon sien hoe die wolke verbydryf nie eventually kon ek my lyf optel en net aangaan
vandag, hier waar ek my lewe bedryf voel my hartkamers vol dit voel of ek lankal neergeslaan het nerf af ek soek die tuin ek soek die son om my is ‘n digte lagie mis en ek besef hiér op die naat van my rug is dit nie so maklik om jouself jou hoop en jou emosies net so op te tel en aan te gaan nie
ek skryf hierdie woorde neer sodat ek eendag weer kan terugkyk en sê... kyk só het daardie seisoen ook by my verbygegaan
Liza, daar is tye wat al die woorde in die wêreld nie ‘n verskil gaan maak nie. En ek kan ook nie fisies by jou wees vandag en deur hierdie tyd nie, maar in die gees is ek met jou. En onthou… “selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie,
sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie,
want U is altyd by my.”
Jy en Charlotte is nie alleen nie.
Jy beeld jou gevoelens ongelooflik mooi uit, Liza. Wat ń pragtige tuin. Ek weet glad nie waar julle huidiglik in die proses is nie, maar onthou dat hier iemand in Harties is wat ook vir julle bid.🌹
Leave a comment