it is such a grand thing
to be a mother of a mother
that's why the world calls her
a grandmother
jou pa en ma het my lankal laat weet
en ek moes jou snoesig
welig
in my hart laat groei
ek het die dae getel
wat later weke
en nou maande
geword
het
hoe kan my hart jou langer omsluit?
jy kon beswaarlik 'n beter tyd kies
om jouself
te
kom
inwurm
mens het altyd sterre nodig
as die nag so donker skyn
so, ek noem jou
Sparkles
ek dink elke dag aan jou
en wonder oor jou
jy gaan só bederf word
ek is klaar versot op jou!
ons eie Boere-Kanadese wonderwerkie!
kyk na hierdie fotos...
en jy sal sien
al wat kort is jy!
6 responses to “hallo ma, ons is nou drie”
Veels geluk, ouma! Dis regtig die allermooiste goedjies wat julle versamel het!
LikeLiked by 2 people
Dankie Frannie, dis só ‘n lekker vooruitsig!
LikeLiked by 2 people
Jy word ouma! Ag Liza, wat ń wonderwêreld lê vir jou voor. Die versameling kleertjies is pragtig.
LikeLiked by 2 people
Daar gaan sommer ‘n nuwe wêreld oop. Ek sien baie uit!
LikeLiked by 1 person
Aaaawh baie geluk en welkom tot oumaskap. Dis n hele nuwe wonderwereld..
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek is in ‘n nuwe plek vol happiness!
LikeLike