drie pieke

die leopard trail [deel 3]

“a sister is a little bit of childhood that can never be lost.”

ons kom ‘n lang pad, met baie draaie en soms skerp afgronde maar jy is my sussie.

toe ons op die leopard trail die derde dag 22 km loop moes ons drie pieke klim. dit was half onwillekeurig…

die drie pieke het ons geskiedenis vertel… woordloos

honeybush hill

inconvenient truth

“sisters, as you know, also have a unique relationship. this is the person who has known you your entire life, who should love you and stand by you no matter what, yet it is your sister who knows exactly where to drive the knife to hurt you the most”

ain’t so bad

“we hug, but there are no tears. for every awful thing that’s been said and done, she is my sister. parents die, daughters grow up and marry out, but sisters are for life. she is the only person left in the world who shares my memories of my childhood, our parents, our struggles, our sorrows and yes, even our moments of happiness and triumph…. when our hair is white, we will have our memories”

“a sister can be seen as someone who is both ourselves and very much not ourselves, a special kind of double”

draaipunt

hier waar ons nou is, is die lekkerste plek in ‘n lang tyd.

a sister is a gift to the heart, a friend to the spirit, a golden thread to the meaning of life”

“of two sisters one is always the watcher, one the dancer”

ons het hierdie hele dag heel agter geloop. nie gestop om te eet of te rus nie, ons het geweet ons moet aanhou anders gaan ons nie klaarkry nie. hier teen die einde van die dag toe ons tussen die kranse deurloop en ‘perseverance’ sorg dat een voet voor die ander kom toe trek sy los.

sy sing psalms op berge en in dale, laat voor die Heer ‘n lof ontplof (eintlik lofsang rys), uit dieptes gans verlooooore… en ons lag. ons het hierdie hele dag gelag ten spyte van die fisiese uitputtig.

dis eers sterk skemer toe ek by die kamp inloop en daar in die hitte van die kampvuur onthou dat ‘n sussie ‘n geskenk is.

dat die Here presies weet hoe om die legkaart stukkies van ons lewens bymekaar te sit.

sodat ons nie meer onthou van die donker nie maar uitsien na die lewe wat laggend op ons wag!

ek is so bly dat theonette en danelle fotos geneem het van hierdie dag sodat ons dit diep in ons onthou kan vaslê en vir ewig onthou dat God se genade groter is as enige misverstand.

dat Sy liefde vir ons ‘n wolk trek oor rou onthou en dat Hy seker maak ons sit langs mekaar in die tyd wat vir ons uitgemeet is.

Leave a comment