markdag

Dis so bietjie van ‘n girls uitstappie.

Ons koop vars groente en vrugte vir die week en eet roomys!

Die stalletjies word die dag vantevore opgeslaan en die middag na die mark opgeruim.

Een Philippine peso is gelykstaande aan 34c, so ek ly soms nog bietjie aan skok as ‘n ons duisend pesos aan vrugte spandeer. Ek moet gewoond raak dat dit ongeveer vier honderd rand is. Heeltemal binne my raamwerk.

Ek geniet die mense, die orde en vriendelikheid. Ek besef ons is in ‘n spesifieke area en sien uit om meer van die eiland te sien.

Maar, my hoofdoel met hierdie kuier is om my kinders te ondersteun terwyl hulle insettle. Ek kan nie glo hulle is nog net drie weke hier nie.

Ons uitstappie eindig in die park.

We travel not to escape life, but for life not to escape us.

Robyn Yong

7 responses to “markdag”

  1. Dis ‘n heerlike avontuur!

    Liked by 1 person

  2. Elna Van der Walt Avatar
    Elna Van der Walt

    Baie dankie dat jy ons ‘n kykie gee en geniet elke oomblik liewe Liza!

    Liked by 1 person

    1. Dankie! Dis ‘n dagboek vir my onthou, ek gaan haar só mis!

      Like

  3. Daar leer ek weer n nuwe land se lewe!!

    Liked by 1 person

    1. Dis vir my net so lekker!

      Liked by 1 person

  4. Jorothentia Bodenstein Avatar
    Jorothentia Bodenstein

    Dis so interessant Liza. Ek sou nooit die land oorweeg het maar dit klink so lekker…

    Like

    1. Hierdie land was ook nooit op my bucket list nie. Ek is so bly ek kon China en nou ook die Filippyne sien omdat die kinders rondbeweeg. My persepsies en vooropgestelde idees het heeltemal verander. Ek is bly daaroor.

      Like

Leave a comment