as 'n mens 'n storie wil skryf
moet jy weet wat jy doen
daar is immers 'n begin
'n middel
en 'n einde
al wat ek nou voel is blind
19 januarie 2019
God says you should stop being anxious
He has been with you since the beginning
He is with you now
You should surrender completely
and go into a posture of rest
there is nothing wrong with your heart
go in peace
21 januarie 2019
een van my verjaarsdag geskenke is 'n hot stone massage
sy druk op my pressure points
ek wil deur die dak spring van pyn
op my linker blad
en agter op my linker been
it is your heart
you should not be anxious
you should relax
God sent you to me today
23 januarie 2019
ek ry werk toe
na nog 'n horrible
slapelose nag
net toe ek by die hek indraai
kom die stem na my toe
Ek gaan Charlotte gesond maak, nie jy nie!
30 januarie 2019
she asks me how i am doing...
so, God made it clear
He is the HEALER
i am trying to bring my stress levels down
Charlotte is really sick
with horrible symptoms
and it is difficult.
so, it is going difficult
that is all i can say today
4 Februarie 2019
ek het hierdie naweek besef dat ek tyd op my eie nodig het
stilte
mindspace...
ek moet grace ruimskoots uitdeel aan myself
my verwagtinge is heeltemal te hoog
ek weet nie hoe ek hierdie berg gaan klim nie
maar ek vertrou die Here om my te help
ek moet net naby aan Hom bly
vir nou is my strategie eenvoudig
shut down na buite
probeer kommunikasie beperk
glo
raak stil
skep ruimte vir die chaos om tot rus te kom
wag vir die uitslae
dis al vir nou
18 maart 2019
ons is 'n match
ek kan vir my kind 'n nier gee
it is finished!
maart tot mei 2019
iewers split ek en my kind
ma en dogter
donor en recipient
en miskien eendag
sal ons die woorde vind
om met respek
hierdie storie te vertel
vir nou is haar proses afgehandel
ek moes vrede maak
dat my kind
nommer 203 op die kadawerlys is
en ek moes vrede maak
dat my lewe bestaan uit toetse
en uitslae
dat ek op en af wip
soos iemand in 'n roller coaster
niks is seker nie
niks is gegiet in sement nie
dit is proses op proses
soms kry ons 'n terugslag
en herhaal 'n sekere toets drie keer
ons lees
ginekologiese onkologie
asof dit
alledaags is
ons bid
en probeer om nie daaraan te dink
dat hierdie oponthoud
ons 'n paar weke terug
terugsit nie
3 Mei 2019
deur dit alles bly sy by my
en ek bly by haar
ek dink ons moet see toe gaan, sê ek
dit sal nie help nie, sê sy
ons gaan alles net saam met ons vat
maar... as alles verby is gaan ons beslis, sê sy
en in haar oë
dans daar vrede
ek het iewers gelees dat tuimeltrein
die afrikaanse woord vir
roller coaster is
dis vir my 'n mooi
woord
op pad huis-toe gister
sê sy, moet nooit vergeet dat ma
eerstens my ma is
en daarna my donor nie
toe ek gisteraand oor die dag
nadink
en aan al die toetse wat nog wag
net voordat ek insluimer
besef ek
dit wat sy gesê het
was vir my mooi
woorde
dankie vir die mooi fotos charlotte!
Leave a Reply