
woensdag (tussen twee counselling sessies)
is daar iemand by die hek
hallo ma
ek kom nie kuier nie
ek is hier vir ‘n ruiltransaksie
sy skuif haar masker eenkant toe
gee vir my ‘n toegeknoopte sak
ek is hier vir ma se naaimasjien
só kan ek nie meer sukkel nie
ek haal my elna uit die kas
wys haar
so bedraad mens die garing
so werk die spanning
so werk die bobbin
so werk die voetjie
ek dra die swaar masjien tot by haar kar
ek sal hom mooi oppas, sê sy
dis okay, sê ek
jy kan hom maar vir altyd kry
toe sy ry
loop my gedagtes terug
1982
ek maak rokke
verkoop dit op die mark
ek vou die kontant
in my blommetjies koevert
wag tot hy boepens staan
en koop vir my
‘n splinternuwe
elna carina
2020
dis agt-en-dertig-jaar later
ek knoop die sak versigtig oop
die transaksie lyk goed
in ruil vir my masjien
kry ek wortelkoek
en butternut sop
in my kop draai die refrein
dis okay
jy kan hom maar vir altyd kry
8 responses to “die ruiltransaksie”
Dis soos ons mammas ruil, Liza. 🌹🌹🌹
LikeLiked by 1 person
Ja, jy sal weet. En ek het so ‘n lekkerte in my hart dat sy daardie voetjie lekker plat gaan trap!
So kan ‘n masjien ook nou nie staan en niks doen nie…
LikeLiked by 1 person
Kosbaar om te weet dat die Elna haar lewe makliker gaan maak ❤
LikeLiked by 1 person
Klink vir my ook na ‘n wonderlike transaksie. Oe hoe lus ek nou butternut sop…
LikeLiked by 1 person
Hoe lekker om te weet Charlotte is nou lús vir daardie Elna 🙏🏻🌸
LikeLiked by 1 person
Mag sy die Elna geniet. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek sal ook na gister se lakenmaakflop my masjien verruil vir enige soetding
LikeLiked by 1 person
Lekker lag ek nou hier vir jou!
LikeLike