my kop draai nog in die rondte ek kan nie die omvang van wat gebeur het beskryf nie as ek my joernaal oopmaak en my pen optel slaan die woorde toe ek wil vir nou eers net hier bly hier in die Hande van die Wonderwerker
26 Desember 2020 ek het haar drie-en-twintig dae laas in lewende lywe gesien ek sanitize hou my asem op loop stadig deur haar steriele, veilige voordeur sy loop reg in my arms in "ma is in my, deel van my, ons is veilig"
ons sit ver uitmekaar sy vertel haar storie jakaranda hospitaal ervaring ek vertel my storie urologie hospitaal ervaring ons bou ons legkaart soek-soek na verlore stukkies probeer sin maak praat oor die onseker die bang en uiteindelik die W-O-N-D-E-R-W-E-R-K
ek verkyk myself aan haar pienk wangetjies helder blou oë sy spuit die tuin nat dra vir my rooibostee en koekies aan hoe gaan dit, vra die whatsapp boodskappe skryf net! skryf 'n blog, sê my vriendin hierdie storie is te groot vir 'n blog hierdie storie vra spasie hierdie storie is 'n boek https://www.instagram.com/charlotte___smit/
Ek juig saam met julle oor die groot genade. Skryf daardie boek, Liza!
LikeLiked by 1 person
Daardie boek is op die 2021 doelwit-lys!
LikeLiked by 2 people
Wonderlike nuus… so baie bly saam met julle… mag die nuwe jaar net die beste inhou vir julle.. blessings xxxx
LikeLiked by 1 person
Baie dankie!
LikeLike
Ek sit sommer net by my sigselwers en hui stilletjies, Liza. God se liefde is so oneindig groot! Dankie dat jy hierdie kom neerskryf het.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook oomblikke waar die dankie-Here-huil net vanself kom.
LikeLike
Ja ‘n boek….! Ek is sprakeloos. My hart en siel en liefde is by julle…..
LikeLiked by 1 person
Ek voel jou hart en siel en liefde en dis kosbaar – dankie☘☘☘☘
LikeLike
Ek het so baie gewonder en stil gebid en hier kom vertel jy van ‘n wonderwerk.,
LikeLiked by 1 person
Dankie vir al die gebede – ons kon dit letterlik in die gees voel. Daar was te veel onsekerheid. Op-en-af en chaos met Covid om die detail van ons lewe die afgelope twee maande te deel. Ons wou eers seker wees voordat ons iets deel. Nou is ons seker… dit het gebeur. #itisfinished
LikeLike
Amen. Allesbeste.
LikeLike
..ek hallelujah saam. Seënwense
LikeLiked by 1 person
Hoendervleis op hoendervleis rillings gaan deur my lyf……As jy hulp kort met die boek kontak my. Ek het n baie spesiale kind van God in die Kaap wat haar eie uitgewery het. MediaforOne. Elaine Broekman.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! Sal jy asb. vir my jou kontakdetails gee? lborstlap@gmail.com
LikeLike