Ek kry die boksie as my afskeidsgeskenk, binne-in drie vouchers vir drie kunsklasse. Ek weet dadelik wat ek wil verf en wag geduldig vir tyd om oop te val. Ek bel Svetlana en bespreek drie oggend-sessies, in een week.
I’ve been waiting for your call, sê sy. Can you paint?

the world will tell you there are pyramids you must climb to feel successful.
Pay no attention.
Your life’s joy isn’t at the apex of a pyramid. It comes from a well of creativity that flows from your very centre
Martha Beck
You only have to learn how to stop moving, and let yourself be moved.
Martha Beck




Ek is alleen daar by haar en sy sien gou sy moet my net los sodat ek kan paint. Sy speel klassieke musiek en soms bietjie jazz. Sy gaan aan met haar eie goedjies en daar is ‘n vredige saamwees wat vir my lekker is. All is good Svetlana, sê ek iewers in die tweede sessie – but I can’t paint faces.
Don’t worry sê sy in haar ryk Russiese aksent, I will help you. Sy los my om met my vingers te verf, as sy sien my palet raak leeg gooi sy die goue verf ruimskoots uit en sy druk burnt amber elke keer as sy sien ek begin spaarsamig werk.



Use the brush, harder! sê sy. Dis teen my gewoonte in, ek het respek vir verfkwasse. No, you must give texture! Elke nou en dan is my hande en vingers in die verf, sy sê niks – sit net die lap neer.

You”ll never know the kind of person you could be until you take that first step, all alone into the great unknown. Very few take the step.
Hannah Harding

Ek maak die boekie real en trek nog ‘n hele paar goue strepe oor elke stukkie wat vaal lyk. Die hande en gesig los ek vir laaste. Svetlana staan langs my en soos ‘n dirigent ‘n orkes dirigeer, so lei sy my om die oë, die vingers en die nodige skaduwees op die wange en ken te verf.
Ek loop uit met my voltooide werk, ‘n groot stuk van Svetlana se liefde vasgeverf in die vryheid wat sy my gegee het om my vingers in die verf te druk, te verf soos my hart wou en te voel hoe die chaos in my hart in stilte gaan lê.

one must not refuse the unusual if it is offered to one
Leave a Reply