Philippines

So word die trip na die Philippines ‘n werklikheid en hierdie is my uitsig.

Die eerste been sluit ‘n vlug in na Dubai wat 8hr 19min geduur het. My oorstaan op Dubai was drie ure en toe neem ek die vlug na Manila wat 9hr 15min lank was.

Ek was buite myself toe ek vir Gerhard en Isabelle op die lughawe kry. Daar het bykans twee jaar verloop vandat ek haar laas in lewende lywe gesien het.

Die rit van die lughawe na ons blyplek was ‘n heerlike chaos wat ‘n aparte blog verdien.

Wel, ek is hier en my voete is op vreemde grond.

Ons is ses ure voor Suid Afrika, so ek sorg dat ek my speel inkry met Isabelle voordat ek begin werk 16:00 – 24:00.

Daar is niks lekkerder as om ‘n ander kultuur op so ‘n intieme manier te leer ken nie. Ek weet dat as ek ‘n toeris was, sou ek seker nou al huis toe gegaan het.

Dit is bedompig warm wat my baie aan Guangzhou herhinner maar dit is reën seisoen en dit help om alles af te koel. Ons het nog nie tyd gehad om die wêreld te verken nie maar my hart is vol en ek voel bevoorreg.

Ons speel nog so lekker toe roep Isabelle my: “Ouma look! There is Spiderman!” En sowaar, sommer vyf van hulle!

Die volgende dag sien ons hoe vensters van ‘n ander gebou gewas word.

If you reject the food, ignore the customs, fear the religion and avoid the people, you might better stay home.

James A Michener

2 responses to “Philippines”

  1. Dis wonderlik, Liza – so ‘n bitter lang reis, maar dubbeld en dwars die moeite werd!

    Liked by 1 person

  2. Sowaar die moeite werd! Dis ‘n groot lekkerte met hierdie klein dogtertjie.

    Liked by 1 person

Leave a comment