die engel

haai jy daar, sê sy vir my
hoe gaan dit vandag met jou?

dis eers toe ek opkyk dat ek sien dis 'n engel
ek loop tot teenaan haar hart
en praat en praat en praat

toemaar, sê sy
ek voel ook soms maar so
ek het juis gister gewonder wat die sin van die lewe is
meer spesifiek my lewe, maar noudat jy bietjie met my praat
onthou ek weer dat ek eintlik net daar wil wees vir ander


ek vee die nattigheid van my wange af
en kyk haar só

ek wens ek het 'n plan gehad vir jou, sê sy
of raad
en soms voel die Here vir my vêr...
al bid ek elke keer
wanneer ek ietsie van julle sien


vir my ook... klop my hart
alles voel só verskriklik vêr...

hou net moed, sê sy
ek weet jy doen die beste wat jy kan
en dis genoeg!


dis eers toe ek afkyk
dat ek sien ek is ook eintlik 'n engel
nie omdat ek dit weet nie
maar omdat iemand dit eens op 'n tyd
vir my gesê het
Ek het Hanlie Kotze se kuns gebruik 
omdat dit vir my so verskriklik mooi is!

2 responses to “die engel”

  1. Liza, pluk jy nou weer met jou mooiste skrywe aan my hart!

    Liked by 1 person

    1. Dankie Una, net dankie…

      Like

Leave a comment